Eerste Brussel-vlug ʼn ‘teken van hoop’

'n Polisieman patrolleer die Brussel-lughawe op 3 April 2016. Foto: AP/Geert Vanden Wijngaert

‘n Polisieman patrolleer die Brussel-lughawe op 3 April 2016. Foto: AP/Geert Vanden Wijngaert

ʼn Vliegtuig van die Brussel-lugredery onderweg na die Portugese stad, Faro, was Sondag die eerste passasiersvlug wat by die Brussel-lughawe opgestyg het sedert die selfmoordbomontploffings op 22 Maart deur die lughawe se vertreksaal geruk het.

Sekuriteit by die lughawe was baie streng met nuwe inboek-prosedures vir passasiers. Twee ander vliegtuie is geskeduleer om later Sondag te vertrek – vlugte van die Brussel-lugredery na onderskeidelik Athene en Turin, Italië.

Die eerste drie vlugte is beskou as ʼn toetslopie vir die lughawe wat gewoonlik ongeveer 600 vlugte per dag hanteer.

Arnaud Feist, die uitvoerende hoof van Brussels Airport Co., het gesê Sondag se vlugte was ʼn simboliese teken van hoop ná “die donkerste dae in die lugvaartgeskiedenis van België”. Hy het werknemers bedank vir hul dapperheid, solidariteit en die “indrukwekkende werk wat in so ’n kort tydjie vermag is”.

“Ons is meer as net ʼn lughawe. Ons is ʼn familie wat nou nader aan mekaar is as ooit vantevore,” het Feist gesê. “Dit sal tyd neem om te aanvaar wat gebeur het en selfs nog meer tyd om oor die pyn te kom. Maar ons sal nooit vergeet nie.”

Twee aanvallers het hulself op 22 Maart in die vertreksaal van die Brussel Zaventem-lughawe opgeblaas, terwyl ʼn derde ontploffing ʼn treinstasie naby die hoofkantoor van die Europese Unie geruk het. Nog ʼn bom het later op die lughawe ontplof toe bomkenners op die toneel was. Niemand is in hierdie laaste ontploffing beseer nie. Die Islamitiese Staat (IS) het verantwoordelikheid vir albei aanvalle geneem.

Volgens Feist sal België se grootste lughawe teen Maandag met 20% van sy normale werkvermoë bedryf word en ongeveer 800 passasiers per uur kan hanteer. Hy hoop werkverrigting by die lughawe sal teen einde Junie of die begin van Julie weer heeltemal terugkeer na normaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

jaco ·

keer die bomplanters VOOR hulle in Europa inkom. Keer hulle wanneer hulle nog aansoek doen vir visums of op die grens staan met ‘n hartseer liegstorie dat hulle refugees is.
As ambassades van Nederland, Duitsland en Frankryk my elke keer tot in die uiterste detail kon scuitinise NET vir ‘n toeristevisum, kan dieselfde mos met hierdie voornemende bomplanters gedoen word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.