Eerste drywende kernkragaanleg nou aktief

Die wêreld se eerste drywende kernkragaanleg in Rusland (Foto verskaf/ANA)

Die wêreld se eerste drywende kernkragaanleg (FNPP) het sy eerste 10 miljoen kWh elektrisiteit aan Rusland gelewer.

Die FNPP het die elektrisiteit aan die geïsoleerde netwerk van Chauny-Bilibino in Chukotka verskaf. Die FNPP is ʼn projek deur Rosenergoatom gesamentelike aandelemaatskappy, ʼn deel van die Rosatom-staatsagentskap.

“Ons hoofdoelwit vir 2020 is om die fasiliteit in produksie te kry,” het Vitaliy Trutnev, direkteur van Rosenergoatom, gesê.

Die FNPP verskaf tans ʼn vyfde van die aanvraag van Chayny-Bilibino en sal na verwagting uiteindelik die toenemende aanvraag na elektrisiteit in Chukotka volledig kan dek deur ʼn betroubare bron van energie te word vir die stad Pevek en die res van die streek.

“Elektrisiteit wat deur die FNPP vervaardig word, sal uiteindelik in die toekoms die uitbreiding van mynboumaatskappye vir goud, koper en ander natuurlike hulpbronne verseker. Die FNPP sal ook een van die sleutelelemente wees in die infrastruktuur van die Noordelike Seeroete,” het Trutnev bygevoeg.

Die drywende aanleg is naby Pevek, ʼn goudmyndorp aan die kus, geleë.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
John

Hoekom ‘n drywende aanleg in so ‘n groot land? En wat van die afvalstowwe? Ons hoop nie Tito wil een as ‘n 109de verjaarsdag geskenk vir die Ace&Sea koop nie. Ons kus het genoeg seerommel vir afgradering tot in die ewig-brandende onderwèreld.

Fanie du Preez

As Zuma al daai geld terug gee dan kan ons twee bou.

Leon

Vra vir Zuma hy moet sy gabba vra dat ons hom leen vir ‘n paar jaar.

Piet Venter

Dit is vir my tot op datum nog nie duidelik hoekom die regering voortploeter met Eskom en SAL nie. Is daar dalk te veel van die ANC se toplede wat groot inkomstes kry uit die instellings?
Wie is die hoof finansier van die Ontwikkelingsbank?

Therese

Ai, hoe gerusstellend gaan aktiewe kernkragaanlegte, al drywend op die die wêreld se oseane, tog nie wees nie!
Plastiekeilande was net die begin.