Eerste ebola-geval in Amerika bevestig

ebolaDie eerste geval van die ebola-virus is in Amerika aangemeld.

Die man wat die ebola-virus opgedoen het, het onlangs van Liberië na die Amerikaanse deelstaat Texas gereis. Die pasiënt is in die hospitaal opgeneem en daar is bevestig dat sy simptome dié van die dodelike ebola-virus is. Daar is vroeër berig dat die man ʼn gesondheidswerker is, maar die bewering is intussen ontken.

Die man is die eerste persoon om in Amerika met die virus gediagnoseer te word, hoewel ʼn paar Amerikaanse gesondheidswerkers in Wes-Afrika met die virus besmet is en terug na Amerika gevlieg het vir behandeling.

“Die pasiënt het dae nadat hy van Wes-Afrika na Texas teruggekeer het simptome begin toon. Hy word in afsondering by die Texas Presbyterian-hospitaal behandel,” het die hospitaal in ʼn verklaring gesê.

Meer as 6 570 mense het reeds in Wes-Afrika ebola opgedoen en nagenoeg 3 100 mense is reeds dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lindie ·

Nou wil ek net weet ne, hoekom laat hulle mense nog vlieg tussen die lande as die Ebola so sleg buite beheer is??
Hulle moet mos alle travel na en van daardie lande af? So gaan die Ebola virus net erger buite beheer word!!!!

Francois ·

Wat my verbaas is dat ‘n land soos VSA, wat so vêr van AfriKa af is, al ‘n geval het met iemand met die virus, maar ONS in Suid Afrika het nog nie een geval aangemeld nie. Ek ruik ‘n GROOT vet stinkende rot hier! Ek dink SA is al vrot van die Ebola, maar dis mos altyd beter om in ‘denial” te lewe….Soos eet beet en uie en vat ‘n stot, en jy sal nie AIDS kry nie. Wonder wat gaan hulle in die geval vreet?

VerVanRyn ·

Wanneer die sluiting van die grense oorweeg word moet ‘n paar dinge eers beskou word. Dinge soos menslike nood, selfsug en die aanbidding van Mammon. Dit is nie so eenvoudig soos om net die grense toe te maak nie. Daar is talle buitelanders, insluitend Suid-Afrikaners wat in die lande werk waar ebola voorkom. Meeste van hierdie buitelanders werk in veiligheidskomplekse waar die kans om die virus op te doen minimaal is. Die maatskappy waarvoor hulle werk maak ook seker hulle werknemers word nie siek nie. Indien die lande se grense sou sluit sal hierdie buitelanders vasgekeer word met moontlike ongewenste gevolge. Die inheemse bevolking het reeds gewys dat hulle oortuig is dit is die buitelanders wat hulle siek maak en die virus versprei. Om buitelanders oor te laat aan Afrika tot die virus bekamp is kan ‘n massamoord tot gevolg hê. Dit kan die swak ekonomië in Afrika ook baie benadeel aangesien baie van hulle, veral Nigerië verskriklik afhanklik is van ingevoerde kos en buitelandse steun.

Die virus kan net gestop word deur die lande af te sonder, dit is waar, maar die lande moet dit opweeg teen ‘n moontlike ekonomiese ramp. Afrika het ook nie die infrastruktuur om die siekes af te sonder nie. Vlugte kan gestop word, skepe kan van hawes af weg gewys word. Maar as die uitgehongerde “siek” massas besluit die buurland het genoeg kos gaan die grensposte hulle nie keer nie. Waar gaan daardie massas stop? Ek is seker daarvan dat die buitelandse maatskappye wat in ebola lande teenwoordig is ook druk plaas om die grense oop te hou. Nigerië het onder andere ‘n paar groot internasionale maatskappye wat daar olie ontgin. Ek kan nie sien hoe byvoorbeeld Shell sommer hulle olieboorde vir ‘n onbepaalde tydperk kan laat staan nie, die impak op die maatskappy kan jare se skade doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.