Eerste foto’s: Prins George en sy sussie

Foto's: Kensington Paleis/Twitter

Foto’s: Kensington Paleis/Twitter

Die Kensington-paleis het die eerste foto’s van prins George saam met sy nuwe sussie, prinses Charlotte, uitgereik.

Prinses Charlotte, prins William en Kate se tweede pienkvoet, is op 2 Mei in die St Mary’s-hospitaal in Engeland gebore en het 3.76kg geweeg. Die koninklike egpaar se eerste baba, prins George, is op 22 Julie 2013 in dieselfde hospitaal gebore.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Martin ·

Net gewonder waarom plaas julle nie my pos nie? Is julle te polities korrek?
Maak die waarheid nie meer saak nie? Het geeneen van julle landsgenote voorouers gesterf in die Anglo Boere oorlog nie????
…of maak dit nie meer saak nie?????
…of ken julle nie die geskiedenis van ons Volk nie????????

Michiel ·

Ag tog Martin… dan neem julle anderskleuriges kwalik as hulle nog oor apartheid kerm – jy doen nou dieselfde ne. Die kids het niks met dit te doene gehad hoekom nou aangaan oor die Boere oorlog. Kom oor jouself tog man. Die seuntjie lyk nes sy pa op daardie ouderdom en ek bly sê CUTE!

Wim Kotze ·

My kommentaar was min of meer die volgende: ” Stem saam met jou Martin, maar Maroela Media moet net vir balans ook fotos van Zuma se klientjies plaas. Die Zulus het mos ook boere vermoor.”
Kan u asb. die haarspraak, kru of vuil taal in die stellings uitwys?

Jakoba ·

Wim en Martin 2 galpille wat sit en huil oor die verlede. Wat het die 2 onskuldige kindertjies nou met die boere oorlog uit te waai. Het hulle ook daar geveg? Magties man kan julle niks moois sien sonder om te sit en kerm oor dit wat reeds was nie. Julle kerm altyd as die swart mense apartheid ophaal maar dan doen julle presies dieselfde. Kom tog oor die verlede, kyk voorentoe, julle gekerm oor die verlede is net so holrug gery soos die gekerm oor apartheid.

Wim Kotze ·

Jacoba, probeer jy nou ‘n vergelyking tref tussen apartheid en volksmoord? Terloops, dit was juis hoofsaaklik onskuldige kindertjies wat deur hierdie tweetjies se grootouma se empaaier afgemaai is en wie apartheid goedgekeur het.

Michiel ·

Wim – dis VERBY!! Oor, klaar finito! Kom tog oor dit liewe hemel!Mense wat met wrokke rondloop oor doerie jare in die verlede se lewe moet regtig ‘n pyn wees, geen vrolikheid net vashaak in die verlede, jinne tog ne.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.