Eerste geval van listeriose in Namibië aangemeld

Argieffoto: Pixabay

Volgens Bernard Haufiku, Namibië se minister van gesondheid, is Namibië se eerste geval van listeriose Maandag in Tsumeb in die Oshikoto-omgewing gediagnoseer.

Hy het dit Dinsdag by die parlement bekendgemaak. Volgens hom het die pasiënt (41) die siekte opgedoen deur besmette weense worsies te eet in Tsumeb, waar hy woon.

Die pasiënt word tans by die Roman Catholic-hospitaal in Windhoek behandel. Volgens Haufiku is die man is ʼn ernstige maar stabiele toestand.

Dit is die eerste geval wat in Namibië aangemeld is sedert die uitbreking in naburige Suid-Afrika.

Hul ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het gevolglik die publiek gewaarsku om nie enige verwerkte vleise afkomstig van Suid-Afrika in te neem nie. “Ons is vol vertroue dat ons, ten spyte van vele uitdagings, listeriose in Namibië kan beperk en voorkom.”

Hy het die publiek, veral in Tsumeb, gemaan om by hul naaste gesondheidsfasiliteite aan te meld sou hulle simptome soos koors, diarree, naarheid, spierkrampe, hoofpyn en verwarring ondervind.

ʼn Bevel is ook aan die gesondheidsbeamptes gegee om alle winkels wat vleisprodukte verkoop te inspekteer en seker te maak die betrokke produkte word verwyder en vernietig.

Sedert Januarie verlede jaar is 949 gevalle al in Suid-Afrika aangemeld en 180 mense is reeds dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Potlood ·

Nou as julle nie ons vleisies neem nie, waar gaan julle vleisies kry? Goedkoper as ons vleisies is daar nie ander nie sekerlik.
Julle vis currie is baie lekker, maar dink dis bietjie ddurder as ons wors…

Pedicabo ego vos ·

Wel , ek kan getuig dat Namibië die land van melk en heuning is as dit kom by vleis. Daar is nie in die hele wêreld beter gehalte skaap of beesvleis nie. Ek dink nie hulle het julle besmette worsies nodig nie. Die Duitsers in Namibië maak sommer self die wors…

Duitser ·

Ek sekondeer hou julle vleis en julle ongedisiplineerde mense Namibië het genoeg kwaliteit vleis en die owerhede is in beheer hier nie die kriminele nie.

ChristaT ·

Hierdie persoon het weense worsies gekoop op Tsumeb wat uit die RSA gekom het en dit geeet het want sommige gierige winkel eienaars het versuim om die produkte van hulle rakke te verwyder.

marous ·

Namibie se vleis produkte is van uitstaande gehalte . Gaan kyk waar kom die besmette produk vandaan , en die besigheid in Tsumeb waar dit gekoop is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.