Eerste groot aardbewing vir 2016

In winkels het voorraad van die rakke af geval. Foto: Vincent Nusunginya/AP

In winkels het voorraad van die rakke af geval. Foto: Vincent Nusunginya/AP

Die wêreld se eerste aardbewing dié jaar wat 7 of meer op die momentmagnitudeskaal geregistreer het, het in Alaska voorgekom.

Die episentrum was 85 km van die Kenai-skiereiland en het meer as 127 kilometer onder die oppervlak voorgekom.

Michael West, ʼn seismoloog in Alaska, het gesê dit was die sterkste aardbewing in dekades in die suid-sentrale-area.

In Kenai is vier huise vernietig weens brande of ontploffings wat op die aardbewing gevolg het. Talle huise is ook ontruim. In winkels het voorraad van die rakke afgetuimel. Die grootste naskok het 4,7 op die momentmagnitudeskaal geregistreer.

Verlede jaar was daar 19 aardbewings wat sewe of meer geregistreer het. Vorige rekordjare was 2010 en 2002.

Bronne: AP, USGS,  Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Akram ·

en dit na ek en die vrou besluit het alaska toe te gaan vir n vakansie. ek wonder of dit dalk n waarkuwing is of hulle regmaak vir ons besoek?

FC ·

Is daar nie ‘n beter afrikaanse woord vir die momentmagnitudeskaal nie ?
As daar nie een is moet ons een skep.

Karolis ·

FC, ek kon ook nie verstaan hoekom nou eweskielik die skale se name ook verander nie. Hoekom in gemengde tale meet ook nie.

Paul ·

Die Richterskaal word al jaaaaare lank nie meer deur die Amerikaners gebruik nie. Hulle gebruik nou die “moment magnitude scale”. ‘n Alternatiewe Afrikaanse vertaling sou seker “momentgrootteskaal” kon wees.

Realis ·

Wat is nou fout met die Richterskaal.????????????????????????

Herman Toerien ·

Suid-Afrika is een van die min lande wat nog die Richterskaal gebruik, en ook net ‘n aangepaste een. Die Richterskaal werk nie goed op groot aardbewings nie, en is ook nie akkuraat op aardbewings wat met die aarde se groot verskuiwingsvlakke verband hou nie. Die USGS (en die meeste lande) gebruik dus die Momentmagnitudeskaal. Omdat die lesing nie van die een na die ander omgereken kan word nie (verskillende aspekte word gemeet) is dit nie moontlik om die lesing in Richterskaal, Marconiskaal of enige vd ander oueres weer te gee as dit in momentmagnitudeskaal gemeet is nie. Uit onkunde sal joernaliste dikwels nog die een as ‘n lesing op die ander aangee, soos tot taamlik onlangs die SAUK. Dis egter ook reggestel, hoewel Richterskaal vir buitelandse aardbewings nog periodiek deurglip. Dit lyk of dit nog jare gaan neem om almal met die regte inligting te bereik.

Karolis ·

Gewonder hoekom staan my platform skaaltjie so stil op die stoor se stoep.
Herman, dankie vir die brokkie inligting.

FC ·

Ek het so bietjie gaan oplees. Google het sy oomblikke.
Daar is ‘n akroniem wat algemeen raak wanneer na die “moment magnitude scale” verwys word. Die “MMS scale”. Ek dink dit klink sagter op die tong om na die MMS skaal te verwys in plaas van die erge anglisistiese momentmagnitude skaal.
Anders moet ons die hele woord vertaal en dan word dit iets soos die Omvang van die Seismiese Oomblik Skaal. Oftewel die OSOS.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.