Die eerste mense, ‘n man en vrou, sal in 2018 na Mars en terug reis as die miljoenêr en ruimtetoeris, Dennis Tito, sy sin kry.
Dié getroude paartjie sal egter net om Mars wentel voor hulle terugkeer, maar in die proses vir 501 dae baie geleentheid hê om huismoles te maak of op te los.
Mars is in 2018 op sy naaste punt aan die aarde, ‘n gebeurtenis wat eers weer in 2031 hom sal voordoen.
Tito het vir die doel van hierdie privaat inisiatief saam met vennote ‘n stigting in die lewe geroep wat die eerste twee jaar se navorsing en voorbereiding sal instaan.
‘n Lewensvatbaarheidstudie word Sondag bekend gestel.