Eerste mense straks in 2018 na Mars

Die eerste mense, ‘n man en vrou, sal in 2018 na Mars en terug reis as die miljoenêr en ruimtetoeris, Dennis Tito, sy sin kry.

Dié getroude paartjie sal egter net om Mars wentel voor hulle terugkeer, maar in die proses vir 501 dae baie geleentheid hê om huismoles te maak of op te los.

Mars is in 2018 op sy naaste punt aan die aarde, ‘n gebeurtenis wat eers weer in  2031 hom sal voordoen.

Tito het vir die doel van hierdie privaat inisiatief saam met vennote ‘n stigting in die lewe geroep wat die eerste twee jaar se navorsing en voorbereiding sal instaan.

‘n Lewensvatbaarheidstudie word Sondag bekend gestel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.