Eerste misdaad in 50 jaar op dié eilandjie

Só lyk die wolhoedjies wat gesteel is Foto:  SWNS Group via STV News

Só lyk die wolhoedjies wat gesteel is Foto: SWNS Group via STV News

Canna, ʼn klein Skotse eilandjie, het Vrydagaand vir die eerste keer in 50 jaar ʼn misdaad beleef toe ses wolhoedjies uit ʼn skoonheidswinkel gesteel is.

Volgens die Skotse uitsaaier STV News is die laaste misdaad in die 1960’s gepleeg toe iemand ʼn houtbord gesteel het.

Die diewe het Vrydagaand ingebreek en kontant, skoonheidsprodukte, lekkergoed en die ses handgebreide wolhoedjies gesteel.

Minder as 30 mense woon op die eiland.

ʼn Woordvoerder van die Canna-gemeenskapstrust het gesê hulle sal “drastiese maatreëls” moet instel om verdere diefstal op die eiland te voorkom. “Dit beteken ongelukkig dat ons nou in die aand die winkel se deur sal moet sluit. Ons het dit spesiaal oopgelos sodat vissermanne kan inkom om die Wi-Fi te gebruik of enigiets anders te koop wat hulle benodig indien hulle in ons hawe wou oornag.”

Bron: STV News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jaco Steyn ·

Waarom is daar so min misdaad in Skotland in vergelyking met Suid-Afrika? Kan dit wees omdat Skotte meer “Christelik” is as Suid-Afrikaners of omdat daar ʼn duidelike verband is tussen ánder faktore soos o.a. oorgeërfde gene, kulturele agtergronde, ekonomiese toestande en die voorkoms van misdaad? Volgens die 2011 sensus in Skotland het 53.8 % van die Skotte hulself as Christene geïdentifiseer. Tydens die 2001 sensus in Suid-Afrika het bykans 80% hulself as Christene geïdentifiseer. Dit sal interessant wees om te sien of hierdie kommentaar van my óók verwyder gaan word…

HEVW ·

Vanuit hierdie misdaadmekka kan ek nou nie anders as om te wonder of die eilandjie nie straks die hemel is nie. Sien die weg daarna is smal en die wat daar kom is min. Die dat daar maar net 30 siele is. Die persentasie christene se nie veel nie. Sien 80% is seker van die hoogste in die wereld en die misdaad klop bykans die res van die wereld. Ag, hul kan tog maar die winkeltjie snag oop los. Met die geringe misdaad sal iemand se gewete hom tog binnekort pla. Maar ag tog as n vissersboot uit SA net daar naby kom??? Of moet ek uitroeptekens!!!! sit.

Peet Schabort ·

Kom nou kom nou !!
Ons weet almal wat daar gebeur het . . .

Cruz ·

Stuur die storie vir ‘Ripley’s Believe it or Not.’
Ons is seker bietjie te ver van April af dat dit n Aprilgekgrappie kan wees!

VerVanRyn ·

“Die winkel se deur moet sluit in die aand? O nee! Watter afgrond het ons samelewing nie in afgeval nie!?” Dit wys net hoe word mens afgestomp. Hier in SA is dit nie snaaks as die diefwering afgeskop, elektriese draad geknip en honde vergiftig word nie. Maar ons voel ‘n veër wanneer ons daarvan hoor wat daarop dui dat ons net te gewoond geraak het aan onaanvaarbare dinge.

Christie Joubert ·

Is hulle SEKER daar was nie n paar Suid Afrikaners nie? Daai hoedjies lyk darem al te veel soos die mussies wat hier by ons so gewild is….He-He

Lizelle ·

Ek wil daar gaan bly, sal kan doen met een misdaad elke 50 jaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.