Eerste Nobelpryse vir 2016 oorhandig

Die medalje wat Nobelpryswenners ontvang (Argieffoto 17 April 2015) Foto: AP Photo/Fernando Vergara, FILE

Die medalje wat Nobelpryswenners ontvang (Argieffoto 17 April 2015) Foto: AP Photo/Fernando Vergara, FILE

Die Nobelprys vir Fisiologie/Geneeskunde en die Nobelprys vir Chemie is vandeesweek oorhandig.

Die Nobelprys vir Fisiologie/Geneeskunde is Maandag aan Yoshinori Ohsumi (71) van die Tokio- Instituut vir Tegnologie oorhandig. Sy navorsing kan moontlik suksesvol aangewend word in die gebruik vir kanker, Parkinson se siekte en Tipe 2-diabetes.

Ohsumi is vereer vir sy “briljante eksperimente” in outofagie waar selle beskadigde of afgeleefde selle kan verorber. “Outofagie” beteken “om self te eet”.

Die proses om selle gesond te hou deur voedingstowwe en boublokke vir hernuwing te vervaardig, baan die weg vir nuwe selstrukture en raak ontslae van indringerkieme en proteïenklonte wat siektes kan veroorsaak.

Nobelpryswenner Yoshinori Ohsumi tydens 'n perskonferensie by die Tokio- Instituut van Tegnologie in Tokio (3 Oktober 2016) Foto: AP Photo/Shizuo Kambayashi

Nobelpryswenner Yoshinori Ohsumi tydens ‘n perskonferensie by die Tokio- Instituut van Tegnologie in Tokio (3 Oktober 2016) Foto: AP Photo/Shizuo Kambayashi

Hy word vereer vir werk wat hy in die 1990’s gedoen het. Navorsing word gewoonlik eers dekades later deur Nobelprys-beoordelaars bekroon, om seker te maak dat dit die toets van tyd deurstaan. Lees meer oor sy navorsing.

Drie wetenskaplikes het verlede jaar se prys gedeel wat behandeling ontwikkel het vir malaria en ander tropiese siektes.

Die Brits-gebore wetenskaplikes David Thouless, Duncan Haldane en Michael Kosterlitz het Dinsdag gesamentlik die Nobelprys vir Fisika ontvang vir hul navorsing oor uitheemse materie wat tot verbeterde materiaal vir elektronika of kwantumrekenaars kan lei.

Die drie word vereer vir “teoretiese ontdekkings van topologiese oordragfases en topologiese materie-fases”. Topologie is ʼn vertakking van wiskunde wat die eienskappe van voorwerpe beskryf.

Lede van die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskap , professor Nils Martensson, professor Goran K Hansson en professor Thomas Hans Hansson kondig die wenners van die Nobelprys vir Fisika aan by die Koninklike Sweedse Akademie van Wetenskap in Swede (4 Oktober 2016) Foto: Anders Wiklund /TT via AP

Lede van die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskap , professor Nils Martensson, professor Goran K Hansson en professor Thomas Hans Hansson kondig die wenners van die Nobelprys vir Fisika aan by die Koninklike Sweedse Akademie van Wetenskap in Swede (4 Oktober 2016) Foto: Anders Wiklund /TT via AP

Die drie wetenskaplikes se werk in die 1970’s en 80’s het die weg gebaan na ʼn onbekende wêreld waar materie ongewone toestande of fases aanneem.

Thouless (82) is ʼn emeritusprofessor aan die Universiteit van Washington. Haldane (65) is ʼn professor in fisika aan Princeton-Universiteit in New Jersey en Kosterlitz (73) is ʼn professor in fisika aan Brown-Universiteit in Providence, Rhode Island.

Terwyl meeste mense vertroud is met driedimensionele voorwerpe, het dié Nobelpryswenners materiaal analiseer wat só dun is dat hulle slegs twee dimensies of selfs net een dimensie het.

Wetenskaplikes was in ʼn stadium skepties oor enige gedrag wat op atoomvlak plaasvind, maar dié drie wetenskaplikes het hulle verkeerd bewys, het Phillip Schewe, fisikus en skrywer aan die Universiteit van Maryland in College Park, gesê. Lees meer oor hulle navorsing.

Elke Nobelprys se waarde is 8 miljoen krone (ongeveer R12,6 miljoen) en die wenners ontvang ook ʼn medalje en ʼn diploma tydens die oorhandigingseremonie op 10 Desember, die herdenking van Alfred Nobel se afsterwe in 1896.

Die Nobelprys vir Chemie word Woensdag oorhandig en die Nobelprys vir Vrede word Vrydag oorhandig. Ekonomie en Letterkunde word na verwagting volgende week aangekondig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.