Eerste Olimpiese span sonder ʼn land

Vlugtelinge oefen vir die Olimpiese Spele Foto: UNHCR/Benjamin Loyseau

Vlugtelinge oefen vir die Olimpiese Spele Foto: UNHCR/Benjamin Loyseau

Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) het ʼn span van 10 vlugtelinge gekies om vanjaar aan die spele in Rio de Janeiro deel te neem.

Thomas Bach, president van die IOK, het gesê die span bestaan uit vyf atlete van Soedan, twee van Sirië, twee van Kongo en een van Ethiopië.

Die atlete sal deelneem aan baan- en velditems, swem en judo.

Hulle sal onder die Olimpiese vlag deelneem en deelneem aan die openingseremonie op 5 Augustus.

Altesaam 43 vlugtelinge is aanvanklik as moontlike kandidate geïdentifiseer.

Lees ook: CS Monitor, Al Jazeera, NPR

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Skatymir ·

Dit alles ter ondersteuning van die Kalergi plan. Die kommitee sal seker die volgende Kalergi prys wen net soos Merkel & van Rompoy. Ai die ouens weet hoe om met die media en ons koppe te speel. Gaan Google Kalergi.

Johann Marx ·

Hierdie is so pateties. Nou is die “nuwe tendens” om vlugteling status te kry om vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer? En 99,9% van die “vlugtelinge” is swart. Dis nes die “realiteitsprogramme” op TV. Elke wit deelnemer het ‘n talent wat hy besig is om te ontwikkel. Elke swart deelnemer bly in ‘n kartonhuis op ‘n straathoek en moes die geld vir ‘n vliegkaartjie bedel om sy talent te kom uitstal sodat hy ‘n miljoen kan wen en vir sy uitgebreide familie, wat ook almal werkloos is, werk te kan skep…..en dan pik hulle ‘n traan!!…en die hele (99% wit) gehoor is op hulle voete….As jy dan so ‘n wonderlike talent gehad het, of so ‘n ongelooflike atleet was, hoekom was jy nie al lankal die top presteerder in jou land van herkoms nie? Op ‘n suksespad as ‘n voorbeeld vir die jeug van jou land nie? Maar nee….jy is hierdie ongelooflike suksesvolle vlugteling? G’n wonder ons praat van die “mensdom” nie.

Ampie ·

Suid-Afrika het in 1992 ook onder die Olimpiese vlag deelgeneem. Tungwane het ‘n goue medalje gewen en Elana Meyer silver.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.