Eerste ruimtevrou wil eerste Mars-ouma word

Valentina TereshkovaValentina Tereshkova (76), wat as 26-jarige op 16 Junie 1963 die eerste vrou in die ruimte geword het, hoop om oor tien jaar, 60 jaar na haar eerste ruimtereis, na Mars te vertrek as deel van die Mars One-projek.

Die doel van die projek is om die eerste menslike kolonie op die Rooi Planeet te vestig.

Tereshkova het aan the Guardian gesê sy besef dat dit ’n eenrigting-reis is, maar dat sy graag wil gaan om uit te vind of daar lewe op die Rooi Planeet is of nie. En as daar lewe was, sal sy graag wil uitvind waarom dit uitgesterf het.

Die eerste groep van vier aardbewoners sal in September 2022 na Mars vertrek en sal tussen sewe en agt maande later op die Rooi Planeet aankom. Hierna sal daar elke twee jaar vier aardbewoners na Mars gestuur word.
Sedert die video-aansoeke geopen het, het 165 000 mense reeds aansoek gedoen om aan die Mars-tog deel te neem.

Bas Lansdorp, die Duitse entrepreneur wat die projek lei, sê onbemande tuie met kos en voorraad wat die eerste vier lede van die Marskolonie op die planeet sal nodig kry, sal ʼn paar jaar voor die eerste mense na Mars gestuur word. Die eerste vier kandidate moet perfek as ʼn span kan saamwerk, hoewel elkeen van ʼn ander kontinent sal kom. Die kandidate sal sewe jaar se opleiding voltooi voor hulle in 2022 na die Rooi Planeet vertrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Vas Vat ·

Soos dinge nou op moeder aarde aangaan,dink ek,ek is ook n kandidaat vir die reis.Geen misdaad,geen moord,ens,ens.

Theo ·

Die enigste rede hoekom daar nie misdaad op Mars is nie is omdat daar nog geen mense is nie!

Amy ·

Ten minste is dit veiliger om daar ‘af te tree’, as in een van SA se dorpies. Geniet dit tannie. (As jy nog lewe oor 10 jaar).

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.