Eerste selfoon 30 jaar gelede verkoop

Advertensie vir die Motorola DynaTAC Foto: Motorola

Advertensie vir die Motorola DynaTAC Foto: Motorola

Die eerste draagbare selfoon, ‘n Motorola DynaTAC 8000X, is vandag presies 30 jaar gelede verkoop.

‘n Persoon het óf in Chicago, óf Baltimore, óf Washington op 13 Maart 1984 $3 995 ($9 000 of R97 000 in 2014) vir dié luuksheid betaal, berig Mashable. Volgens Mashable is dit nie bekend wie die eerste koper was nie, aangesien dit in daardie stadium nie van geskiedkundige belang beskou is nie.

Motorfone bestaan reeds sedert die middel 1940s.

Die foon het bykans 800 gram geweeg en selfs sy skeppers het daarna verwys as “Die Baksteen”. Die selfoon se batterylewe was maar 30 minute lank.

Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.