Eerste sneeu in 37 jaar in die Sahara

Sneeu in die Sahara op 19 Desember 2016 Foto: Karim Bouchetata

Sneeu in die Sahara op 19 Desember 2016 Foto: Karim Bouchetata

Sneeu het vir die tweede keer in menslike heugenis, en die eerste keer in 37 jaar, in die Sahara-woestyn geval.

Die amateurfotograaf Karim Bouchetata het Maandag ongelooflike foto’s geneem van die sneeu wat die sand bedek in die klein woestyndorpie Ain Sefra, Algerië.

Hy het die ongelooflike oomblik vasgevang van die spierwit sneeu op die rooi sandduine in die wêreld se warmste woestyn. Ain Sefra het op 18 Februarie 1979 laas sneeu gesien toe die sneeustorm ongeveer 30 minute lank geduur het.

Die sneeu het hierdie week byna ʼn dag lank in die dorp gelê, ongeveer 100 m bo seespieël en omring deur die Atlas-gebergtes.

“Almal was verstom om die sneeu in die woestyn te sien,” het Karim gesê. “Dit is so ʼn seldsame verskynsel. Dit het ongelooflik gelyk toe die sneeu op die sand lê. Dit het ʼn dag lank só gelyk en toe gesmelt.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Afrika ·

Enige iets is moontlik in Afrika. Dit sien ons ook in die suidelike gedeelte. Dankie Karim vir die foto’s.

Marianne ·

Log aan ons Here, by Hom is niks onmoontlik. Waar reen skaar val DAAR sal verligting kom. God het dit belowe.
Hoe fantasties moes hierdie belewenis gewees het nie?

Johann ·

Dit glo ek, is tekens van die Almagtige God se genade oor ons, en sy genade is groot

Riekie ·

GENADE ONBESKRYFLIK GROOT!!! Kniel in eerbied stam van God!
Dis ‘n wonderwerk! Hoe kan die wat nog in ongelooflik staan, nie glo nie????

Johannes Comestor ·

Sahara beteken woestyn. Dit is dus verkeerd om “Sahara-woestyn” te skryf.

Sue ·

So lekker om ander dele van ons wereld te sien met lesers fotos!

Jacqui ·

Wens daar was prentjies op my iphone sodat ek dit ook kan sien. Hierdie probleem kom nou al n lang tyd aan. ?

Josef Strauss ·

Dit is n wonderwerk. Sy Genade is onbeskryflik groot Baie seldsaam en mooi

ejjoubert ·

Skip4 weet duidelik niks van d wereld af nie. In die noordelike halfrond is dit nou winter, en helfte van Afrika lê in d noorde. Dit sneeu elke jaar meters diep in d hoër Atlasberge in Marokko en Algerie … maar baie selde in d woestyngedeeltes dieper binneland in daaragter, maar dit word steeds vrek koud daar.
D fotos is pragtig, en is bly om d positiewe gesindheid van ander kommentare te sien.

Engelbek ·

Die wonderwerke is skaars. Maar die natuur bly maar wonderlik soos dit maar sy gewone gang gaan.

zahn ·

Die mense wat daar bly, trek net die nodigste aan en het glad nie klere vir koue weer nie, allermins sneeu! Die kinders het dit seker baie geniet!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.