Frankryk se bekendste tekenprent-kunstenaar, Albert Uderzo, het vir die eerste keer sedert sy aftrede ʼn spotprent vrygestel ná die terreuraanval Woensdag by die satiriese tydskrif, Charlie Hebdo, se kantoor in Parys.
Uderzo (87), wat die Asterix-reeks saam met René Goscinny geskep het, was goeie vriende met een van die slagoffers in die aanval, Jean Cabu.
Chérif en Saïd Kouachi, twee broers van Frankryk, het Woensdag glo 12 mense doodgeskiet by die tydskrif se kantoor in Parys. Die twee hoofverdagtes is Vrydagmiddag deur polisiebeamptes doodgeskiet.
Parysenaars het ter ondersteuning van die slagoffers met plakkate in die straat rondgeloop met die woorde: “Je suis Charlie” [Ek is Charlie].
Lees alle vorige berigte oor Charlie Hebdo op Maroela Media.