Eerste spotprent van Asterix-kunstenaar ná aftrede

Albert Uderzo se eerste spotprent sedert sy aftrede ter ondersteuning van die Charlie Hebdo-slagoffers

Albert Uderzo se eerste spotprent sedert sy aftrede ter ondersteuning van die Charlie Hebdo-slagoffers

Frankryk se bekendste tekenprent-kunstenaar, Albert Uderzo, het vir die eerste keer sedert sy aftrede ʼn spotprent vrygestel ná die terreuraanval Woensdag by die satiriese tydskrif, Charlie Hebdo, se kantoor in Parys.

Uderzo (87), wat die Asterix-reeks saam met René Goscinny geskep het, was goeie vriende met een van die slagoffers in die aanval, Jean Cabu.

Chérif en Saïd Kouachi, twee broers van Frankryk, het Woensdag glo 12 mense doodgeskiet by die tydskrif se kantoor in Parys. Die twee hoofverdagtes is Vrydagmiddag deur polisiebeamptes doodgeskiet.

Parysenaars het ter ondersteuning van die slagoffers met plakkate in die straat rondgeloop met die woorde: “Je suis Charlie” [Ek is Charlie].

Lees alle vorige berigte oor Charlie Hebdo op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.