Eerste vrou in byna sewe dekades in VSA tereggestel

Lisa Montgomery (Foto: Facebook)

Die Amerikaanse departement van justisie het Vrydag aangekondig dat hy die eerste federale teregstelling van ʼn vrou in 67 jaar beplan.

Die federale regering kan doodsvonnisse versoek vir ‘n beperkte aantal misdade en federale teregstellings is baie raar teenoor teregstellings wat in deelstate uitgevoer word.

Lisa Montgomery sal na verwagting op 8 Desember tereggestel word vir die moord op ʼn swanger vrou.

USA Today berig Montgomery sal volgens beplanning op dié dag met behulp van ʼn dodelike inspuiting in die federale gevangenes in Terre Haute, Indiana, tereggestel word.

Montgomery is in 2004 skuldig bevind op aanklag dat sy die 23-jarige Bobbie Jo Stinnett van Missouri, wat agt maande swanger was, verwurg en toe die baba uit haar maag gesny en “ontvoer” het.

“Montgomery het van haar huis in Kansas na Stinnett se huis in Skidmore gery en voorgegee dat sy ʼn hondjie wil aanneem. Toe sy by die huis aankom, het Montgomery ʼn tou gebruik om Stinnett mee te verwurg. Stinnett was by haar bewussyn en het probeer om haarself te verdedig toe Montgomery ʼn kombuismes gebruik het om die baba uit haar maag te sny,” lui die berig.

Aanklaers het gesê Montgomery het die baba aangeneem en probeer om haar as haar eie groot te maak.

“Die advokate van Montgomery het aangevoer dat sy aan geestesversteurings gely het toe sy Stinnett vermoor het, maar die regter het haar verdediging verwerp. Haar advokate het ook aangevoer dat sy aan ʼn toestand genaamd pseudoswangerskap ly, wat daartoe lei dat ʼn vrou valslik glo dat sy swanger is en uiterlike tekens van ʼn swangerskap toon.”

CNN berig die laaste federale teregstelling van ‘n vrou, was op 18 Desember 1953. Sy was Bonnie Brown Heady en sy is in ʼn gaskamer in Missouri tereggestel nadat sy skuldig bevind is aan moord en ontvoering.

Volgens Sydney Morning Herald sal Montgomery die agste gevangene wees wat sedert Julie vanjaar tereggestel word. Die negende teregstelling is dié van Brandon Bernard, wat skuldig bevind is aan die moord op twee jeugleraars in Texas in 1999. Hy sal na verwagting op 10 Desember tereggestel word, ook met behulp van ʼn inspuiting.

  • Die berig is gewysig om onderskeid te tref tussen ‘n federale teregstelling en teregstellings deur deelstate. – RED

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Misky ·

Hulle regstelsel sal omtrent besig wees hier in SA. Net so paar doen en die ogies sal miskien oopgaan en misdaad afneem

koos10 ·

Wil jy regtig die huidige regering met die doodstraf vertrou?

Cherokee ·

Koos10, jou redenasie is soveel keer op hierdie forums geopper. Dit verander nie die feit dat dìt ‘n redenering behels wat plaas-moordenaars beskerm.

Michael ·

Dit verooksaak ook dat mense soos Penny Sparrow ‘n helse boete gegee word, en iemand soos Pienaar in die selle sit, en aangekla word van terrorisme. Nee wat. SA kan nie die doodstraf regverdig hanteer nie.

Jack Russ1 ·

Haar regspan het seker aanhou probeer om haar los te kry of die net tronkstraf. Die aansoeke moes heel waarskynlik afgehandel word voor hulle die bevel kan uitvoer

Vernon ·

Die ANC sal nooit sy eie mense die doodstraf ople nie. Daar is te veel voordele daarvoor,punt.

twaalfboor ·

En die ou “af vingertjie”? Of lees jy die kommentaar verkeerd.?

Vonnie ·

February 3, 1998 is Karla Faye Tucker ook tereg gestel. dis nie so lank sedert die laaste een nie
February 24, 2000 Betty Lou Beets.

Jack Russ1 ·

Hi Vonnie. Jy is reg, daar die twee is tereg gestel, maar hulle is veroordeel deur die deelstaat, hierdie is ‘n federale teregstelling. Die berig is reg, dit is net die opskrif wat nie reg lees nie

Plaaskind ·

Sjoe, wat het hierdie vrou gedryf om so iets wreed en harteloos te doen?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.