Eertydse blink ster kan tronk toe oor prostitute

Dominique Strauss-Kahn. Foto: IMF/Wikipedia

Dominique Strauss-Kahn. Foto: IMF/Wikipedia

Een van die wêreld se eertydse blinkste sterre en moontlike toekomstige Franse president staan nou formeel tereg dat hy saam met makkers ’n internasionale prositusienetwerk bedryf het waarvoor hy tot tien jaar tronkstraf kan kry.

Dominique Strauss-Kahn was hoof van die Internasionale Monetêre fonds en gereeld op die wêreld se grootste dagblaaie, tot ’n kamermeisie van ’n hotel in New York in 2011 gekla het dat Strauss-Kahn haar aangerand het. Hy het die saak buite die hof geskik, maar sy loopbaan was aan skerwe.

In 2012 het die Franse Sosialisteparty hom as moontlike presidentskandidaat gepos namate meer en meer inligting bekend geword het oor ’n internasionale prostitusienetwerk wat hy glo saam met ’n paar Franse en Belgiese makkers bedryf het. Hulle staan nou saam met hom tereg.

Die verhoor sal na verwagting sowat drie weke duur.

Bron: AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anoniem ·

Trial by media – SA se joernaliste is uitstekend daarmee

Ina Smith ·

Darem snaaks hoe die lewe werk vir sommige mense , 1 persoon se lewe is verwoes en kan tronk toe gaan oor seksdade met ‘n volwasse ander persoon met die persoon se toestemming terwyl Priesters se seksdade met mindeerjarige kinders sonder hul toestemming net onder die mat ingevee word en afgeskryf word en hul lewens gaan aan asof niks gebeur het nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.