‘Eetbare botter’, 2 000 jaar oud, in Ierland gevind

So lyk die 2 000 jaar oue botter wat gevind is. Foto: Cavan-museum.

So lyk die 2 000 jaar oue botter wat gevind is. Foto: Cavan-museum.

’n Ierse boer het onlangs sowat 10 kg botter ongeveer vyf meter onder die grond in ’n moeras gevind.

Dié botter is sowat 2 000 jaar oud en is teoreties nog eetbaar, “hoewel ons mense nie sal aanraai om dit te eet nie,” sê Andy Halpin, assistent-kurator van die Ierse nasionale museum se afdeling vir oudhede.

Soortgelyke hompe botter word gereeld in Ierse moerasse gevind en tussen 1817 en 1997 is 274 sulke vondste aangemeld. Die meeste van dié vondste word gemaak wanneer boere veen as brandstof ontgin.

Van die vondste was tussen 3 000 en 5 000 jaar oud. Die meeste dateer egter van die periode 400 v.C. tot en met die 13de eeu n.C.

Kenners meen na duisende jare onder die grond het dié botter veel meer die karakter van hedendaagse kaas as botter.

Die vermoede is dat die botter, wat destyds ’n skaars en luukse item was, om godsdienstige redes begrawe is.

Bron:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

KarooKlong ·

Dit lyk nou meer soos bodder. Kruising tussen botter en modder. (Net ‘n grappie)

Veritas ·

Wat is nou so snaaks hieraan? Baie winkels in Suid-Affrika verkoop ook voedselprodukte wat al verby die ‘sell by date’ is.

Jan maak n plan ·

Dit lyk my die Iere het laas naweek van daai botter aan hulle gesmeer en sodoende gekeer dat die Springbokke hulle kon vas vat. Glade varkies soos vroeer jare op feeste.

tamboti ·

Goed, beter, botter!
Bewys botter se superioriteit bo margariene.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.