Effense verligting in olieprys ná Suezkanaal oopmaak

Satellietfoto van die MV Ever Given (Evergreen) in die Suez-kanaal (25 Maart 2021) (Foto: Cnes2021, Distribution Airbus DS/AFP Photo)

Daar was Maandag ʼn effense verligting in die internasionale olieprys toe verkeer in die Suezkanaal hervat het ná ʼn groot houerskip die waterweg blokkeer het.

Die Suezkanaal-owerheid het gesê die Ever Given is vlot gemaak en verkeer het op een van die belangrikste roetes vir wêreldhandel hervat. Ru-olie-besendings is vir byna ʼn week opgeskort.

Ru-oliepryse het getuimel ná die skip gedeeltelik bevry is, maar het vinnig daarna gestyg toe reddingskundiges gesê het die ergste werk lê nou voor. Slegs ure ná hulle die skip heeltemal kon bevry, het oliepryse weer teruggesak.

Ondanks die feit dat die verkeer kon hervat, het analiste gesê dit sal ʼn geruime tyd duur voor houervragverkeer na normaal terugkeer.

“Die mark sal binnekort besef dat, selfs al verlaat die Ever Given die kanaal binne ʼn paar dae, sal daar steeds ʼn rimpeleffek wees,” het Rystad Energy-analis Louise Dickson gewaarsku. “Olievrag, en olie-aanvraag kan geraak word omdat vervaardigers moontlik vervaardiging moet opskort terwyl hulle wag vir goedere om ná die vertraging by aanlegte op te daag.”

Die Suezkanaal-owerheid het gesê die waterweg sal 24 uur per dag oop wees en die agterstand van honderde vaartuie sal na verwagting tussen drie en ʼn half dae lank opgeklaar word.

Belangrikste syfers teen 1430 GMT:
West Texas Intermediate: 0,9% laer op $60.40 per vat
Brent North Sea ru-olie: 0,8% laer op $64.04 per vat
Londen – FTSE 100: 0,5% laer op 6,709.61 punte
Frankfurt – DAX 30: 0,3% hoër op 14,793.23
Parys – CAC 40: 0,3% hoër op 6,009.28
EURO STOXX 50: 0,3% hoër op 3,878.33
New York – Dow: 0,3% laer op 32,971.76
Tokio – Nikkei 225: 0,7% hoër op 29,384.52 (sluiting)
Hongkong – Hang Seng: onveranderd op 28,338.30 (sluiting)
SSE: 0,5% hoër op 3,435.30 (sluiting)
Euro/dollar: laer op $1.1787 van $1.1794 om 2200 GMT
Pond/dollar: hoër op $1.3828 van $1.3789
Euro/pond: laer op 85.24 pennies van 85.53 pennies
Dollar/yen: hoër op 109.67 yen van 109.64 yen

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Elsabe

En so rol die lewe voort.

Willem

Hoop ons kry so R5 verligting in die petrol prys