Egipte kry glo nuwe hoofstad

Die model van die nuwe stad in Egipte Foto: Reuters

Die model van die nuwe stad in Egipte Foto: Reuters

Egipte se hoofstad, Kaïro, met sowat 18 miljoen inwoners, kan nie meer die bevolkingsdruk hanteer nie en daarom gaan die land ’n nuwe hoofstad kry, aldus die land se minister van volkshuisvesting, Mustafa Madlubi.

Veral in spitstye kom verkeer in die stad nou heeltemal tot stilstand en die bevolking sal na verwagting binne die volgende 40 jaar in Kaïro verdubbel.

Die nuwe hoofstad sal ongeveer halfpad tussen Kaïro en die Suezkanaal geleë wees, en die leër het reeds met die aanlê van ’n verbindingsweg begin. Die nuwe stad, wat nog nie ‘n naam het nie, sal na raming by voltooiing sowat 5 miljoen inwoners hê. Die stad sal op ’n oppervlak van 700 vierkante kilometer verrys.

Die aanvanklike koste is op €42 miljard (R550 miljard) gestel, terwyl die finale koste glo €75 miljard (R982 miljard) sal beloop. Die bouwerk sal hoofsaaklik deur firmas van die Verenigde Arabiese Emirate behartig word. Bouwerk sal tussen vyf en sewe jaar duur.

Volgens die webwerf Newgeography, is Tokio nou die grootste stad met 37 miljoen inwoners, gevolg deur Djakarta met 30 miljoen. Nog vyf Asiatiese stede het meer as 20 miljoen inwoners, gevolg deur New York, Meksikostad en Sao Paulo elk ook met meer as 20 miljoen inwoners. Hier is egter in wye definisie oor inwoners gebruik.

Lees ook: BBC en Al Jazeera

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Drieks ·

Vir Gauteng wil ek ook weet wat beplan jul en ook ons ander stede??? Ons kan verdiepings bou waar huise was, vir nog mense. Wat gaan ons doen vir paaie???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.