Egipte se Morsi sit lank

Mohammed Morsi Foto: Times of Israel

Mohammed Morsi Foto: Times of Israel

Mohammed Morsi, Egipte se ontsetelde president, is Dinsdag tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die inhegtenisnemings en marteling van betogers toe hy aan bewind was.

Dit is die eerste vonnis wat hy ontvang nadat hy ontsetel is en een van talle hofsake wat vir hom voorlê.

Die weermag in Egipte het Morsi in Julie 2013 ontsetel ná grootskaalse betogings teen sy presidentskap. Die owerhede het intussen sy Muslim Brotherhood-beweging verbied en duisende van sy ondersteuners in hegtenis geneem.

Morse en 14 ander Brotherhood-lede staan nie tereg op die ernstiger aanklag van aanhitsing tot moord nie, anders het ʼn moontlike doodstraf hulle in die gesig gestaar. Talle van sy medebeskuldigdes is ook tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.

Morsi se regspan het gesê hulle gaan appèl aanteken teen die vonnis.

-Xinhua

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.