Mohammed Morsi, die ontsette president van Egipte, is in ʼn hof in dié land tot doodstraf gevonnis ná ʼn tronk-ontsnapping in 2011, berig BBC.
Die voormalige leier is reeds tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die inhegtenisneming en marteling van betogers tydens sy bewind.
Morsi is in Julie 2013 deur die weermag omvergewerp ná grootskaalse straatbetogings teen sy bewind. Die owerhede het sedertdien sy Moslem-Broederskapbeweging verbied en duisende van sy ondersteuners in hegtenis geneem.
Enige doodstraf moet eers na die moefti, die regering se amptelike vertolker van Islamitiese wette, verwys word vir sy mening. Daar kan steeds appèl aangeteken word teen die vonnis, al het die moefti sy goedkeuring gegee.
Lees alle vorige berigte oor Mohammed Morsi op Maroela Media
Bron: BBC
Hierdie is nie reg nie…groot probleme wag
As jy weet waaroor die Egiptiese broederbond gaan sal jy dalk anders dink. Ek woon in Dubai en die goed is gevang terwyl hul bom plantings hier beplan het….
Hierdie is nie reg nie…groot probleme wag
En Mugabe, Zuma, do Santos van Angola wat skatte opgaar en moorde toelaat op hul eie mense.