Egpaar sterf minute uitmekaar

Clair en Jeanne Vance. Foto: (Debbie Pike via AP)

ʼn Egpaar van Pennsilvanië in Amerika wat amper 45 jaar lank getroud was, is minute uitmekaar oorlede.

Clair Vance het sy 70-jarige vrou, Jeanne, daagliks besoek in die sorgsentrum waar sy weens mediese probleme gewoon het.

Die 75-jarige het egter self siek geraak en is met griepsimptome in die hospitaal opgeneem. Sy toestand het vererger en hy is Sondagaand oorlede, minute nadat hy nog met sy vrou oor die foon gesels het.

Een van die egpaar se dogters was by haar pa toe hy oorlede is. Sy het haar tannies gevra om na die sorgsentrum te gaan en haar ma van haar pa se afsterwe in te lig.

Jeanne is met hul aankoms dood in haar kamer aangetref. Die egpaar is Vrydag saam begrawe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Anneline ·

Dit is wat ons jong getroudes sal noem #couplegoals.
Die Here het geweet die een sou nie sonder die ander een op aarde kon klaarkom nie.

Cherokee ·

Verlede jaar in Augustus is my oudste broer se vrou gediagnoseer met kanker en ‘n sowat 3 maande verdere lewensverwagting. My broer, wat nooit die diagnose gehoor het nie, het in sy sitkamer beroerte gekry en is enkele dae daarna oorlede. In ‘n gesprek met sy vrou het sy gesê sy het miskien twee maande oor. In Oktober het sy die tydelike met die ewige verwissel. Twee maande later het sy weer by hom aangesluit.

Elize Thiart ·

My moeder is op n Sondag oggend oorlede en haar begrafnis was Donderdag. Dieselfde aand van haar begrafnis is my oudste broer oorlede aan n hartaanval. Hy wou nie haar begrafnis bywoon nie en gese sy hart sal dit nie maak nie. Baie hartseer!

Margaret ·

Daar is baie wat aangaan in hierdie wereld van ons wat ons nie kan verduidelik nie. Hartseer maar ook n liefdesverhaal.

Corrie ·

Ons het dieselfde storie in ons familie gehad. Ons was die oggend by my oom se begrafnis en was nie 10 minute by die huis nie, toe kry ons oproep dat my tannie dood is (dieselfde oom wie ons begrawe het se vrou)

Elsa ·

Ek dink ook dis die volmaakte einde vir twee mense wie nie sonder mekaar sou kon leef nie.

hercu ·

die twee mense se taak hier op aarde was na 45 jaar saam afgehandel!!

chris ·

die selfde het ook hier in suid afrika gebeur, rugby legend Danie Gerber wat woonagtig in Midelburg MP is, se ouers het op die selde manier die wereld verlaat, die oon is die oggend aan n hartaanval oorlede en tannie Gerber due midag weens skok

Candy ·

Melkbosstrand, Wes Kaap het ook n paattjie gehad vat ook n paar min uit mekaar oorlede is… dit is iets wat al hoe meer en meer gebeur…..

Elize ·

My pa is ses maande voor hulle 50 ste huweliks herdenking oorlede.en 6 maande en 1 dag daarna is my ma oorlede. Sy kon nie sonder hom nie.sy het haar letterlik dood getreur. Dit was baie erg vir my.maar ek het haar hart verstaan.

Heksie ·

My grootouers aan my pa se ma kant, is 18 dae uit mekaar oorlede … Dit was vir my ongelooflik … ‘n Liefde so groot

So hartseer ·

My ouma het 6 broers gehad, en die dag met een vir haar broers se begrafnis, het haar ander broer dieselle oggend in die sitkamer n hartaanval gekry, en ongelukkig is hy ook oorlede. Dit is verskriklik hartseer aai.

LINDA LIMBO ·

watter wonderlike vooreg om saam die poorte in te gaan,
gaan geniet ‘n plek sonder pyn,
sterkte aan die familie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.