ʼn Inwoner van Johannesburg was aan boord EgyptAir Vlug MS804 wat op 19 Mei in die Middellandse See neergestort het.
João David Silva (62), ʼn pa van vier, oorspronklik van Portugal, het in Johannesburg gebly vanweë sy werk, het ʼn regeringsbeampte aan Correio da Manhã bevestig.
Silva, ‘n siviele ingenieur, het vir ʼn Portugese konstruksiemaatskappy, Mota-Engil, gewerk. Die maatskappy het slegs bevestig een van sy werknemers was aan boord, maar wou nie sy naam bekend maak nie.
Silva se gesin het nog in Lissabon gebly.
Vlug MS804, van Parys in Frankryk na Kaïro in Egipte, het Donderdagoggend in die vroeë oggendure van die radar verdwyn. Ondersoekspanne het reeds wrakstukke, vliegtuigsitplekke, besittings van die passasiers en liggaamsdele gevind.
Lees alle vorige berigte oor EgyptAir Vlug MS804 op Maroela Media.
Bron: Correio da Manhã, CNN, Daily Mirror, Independent
My Innige Simpatie aan die Gesin en Familie van Mnr Silva.. dit is baie hartseer dat so baie mense hul lewens moes verloor…
Lisbon word beslis in Afrikaans as LISSABON geskryf – behalwe as ek nie meer op hoogte van nuwe neigings is nie. Dankie. Gerrie.
Dagsê Gerrie
Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is gewysig.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Ek is ook so geleer. Maar dit was 40 jaar terug. Toe was Die Blou Bulle Noord Transvaal. Nou is Springbok n Protea.