EgyptAir MS804: Liggaamsdele, wrakstukke gevind

Bron: Flightradar24.com

Bron: Flightradar24.com

Die lugredery EgyptAir het Vrydag bevestig nóg wrakstukke, besittings van passasiers, liggaamsdele, bagasie en vliegtuigsitplekke is gevind tydens die soektog na die wrak van sy Vlug MS804.

Die eerste wrakstukke is ongeveer 295 km van die Egiptiese kuslyn gevind.

MS804 het op 19 Mei omstreeks 02:30 kontak verloor en van die radar verdwyn.

Owerhede het Donderdag gesê dit is meer waarskynlik dat die vliegtuig, met 56 passasiers en 10 bemanningslede aan boord, neergestort het weens ʼn terreuraanval as weens tegniese probleme.

Die vliegtuig was van Parys na Kaïro op pad en sou om 03:15 land.

“Die soektog duur voort,” het ʼn woordvoerder van die lugredery gesê.

Lees alle vorige berigte oor EgyptAir Vlug MS804 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Bruno Stef ·

Ek het onlangs vir die kinders/kleinkinders in Perth/AUS gaan kuier en n mens het die hele tyd n ongemaklike gevoel van wat as die vliegtuig in die see sou neerstort.Om n mens meer te ontstel is dat een uur voor opstyging aangekondig word dat die vlug later gaan opstyg weens n tegniese probleem. Dit is seker daarom dat Jacob ook bangjan eerder as dooie man is n vliegtuig moet nie tegniese probleme so kort voor opstyging he nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.