ʼn Vliegtuig van EgyptAir met vermoedelik 55 mense aan boord, is glo Dinsdagoggend tydens ʼn binnelandse vlug gekaap.
Die MS181-vlug was glo van Alexandria na Kaïro onderweg toe die vliegtuig gekaap is. Daar word berig dat ʼn man met ʼn selfmoordbom glo die vlieënier gedreig het.
Daar is opdrag gegee dat die vliegtuig by die Larcana-lughawe in Ciprus land. Die vliegtuig het omstreeks 09:00 by dié lughawe geland.
Owerhede is op die toneel. ʼn Beampte het aan AP bevestig dat die kaper toegelaat het dat vroue en kinders die vliegtuig kan verlaat.
Die motief vir die kaping is nog nie bekend nie.
Ek kan nie glo, dat selfs na 9/11 en die week se gebeure in Belgie dat iemand nogsteeds n bom aanboord n vliegtuig kan bring nie
Egiptiese lughawe personeel dink dat so ‘n gebeurtenis nooit daar sal plaasvind nie en daarom moontlik nie vereiste passasier deursoeking gedoen het nie.
Geen openbare plek kan meer die kans vat om te dink dat so iets nerens sal plaasvind nie, soos Cynthia genoem het, nie na 9/11 nie………..Parys of Belgie nie.