Einde aan gewilde leeupaar in dieretuin

Die leeupaar Hubert en Kalisa. (Foto: Los Angeles-dieretuin)

ʼn Leeu-paar van Afrika wat jare lank saam in ʼn dieretuin in Los Angeles aangehou is, is Donderdag uitgesit weens siektes wat met hul ouderdom gepaard gegaan het.

Hubert en Kalisa, wat onderskeidelik 21 en 22 jaar oud was, was die afgelope ses jaar saam in die Los Angeles-dieretuin in die VSA en voor dit was hulle saam in die Woodland Park-dieretuin in Seattle.

Denise Verret, hoof van die LA-dieretuin, het aan CNN gesê die paar was beste maats. “Die leeus het besoekers en personeel by die dieretuin beïndruk deur hul kameraadskap, al het hulle nooit welpies gehad nie,” sê Verret. Beth Schaefer, ook verbonde aan die dieretuin, het aan Los Angeles Times gesê die twee was versot op mekaar gehad en het saam gerus en gereeld liefdevol met mekaar gevroetel. “Hulle laat ʼn groot leemte by die dieretuin.”

Dié diere het lank reeds die gemiddelde leeftyd van leeus in aanhouding oortref (17 jaar), en hul kondisie het die afgelope jare begin agteruitgaan.

Volgens die dieretuin is daar tans wêreldwyd tussen 23 000 en 39 000 wilde leeus, maar die getalle is besig om af te neem. Dit is onder meer weens die onwettige handel in leeus se liggaamsdele, trofeejag en siektes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Leonard ·

Alle vleeslike wesens het ‘n vasgestelde ‘tyd’ op Aarde

Eiervrug ·

Moet hulle in Vaders naam nou net nie vervang nie. Dieretuine is soos sirkusse… DIERE HOORT NIE IN HOKKE NIE!!!!!!

Helene ·

Rus sag julle twee, Herbert en Kalisa. Verlos van hierdie simpel wereld!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.