Elon Musk hof toe oor dáái twiet

Elon Musk. Foto: AP Photo/Evan Vucci, File

Elon Musk, die Suid-Afrikaanse gebore sakemagnaat, sal in Oktober verhoor word in verband met ʼn belediging wat hy ʼn Britse grotreddingswerker verlede jaar op Twitter toegesnou het.

ʼn Federale hofregter in Los Angeles het vandeesweek gesê die saak teen Musk sal op 22 Oktober begin nadat Musk se poging om die saak van die rol geskrap te kry misluk het. Vernon Unsworth het ʼn lastersaak teen Musk begin nadat die miljardêr hom ʼn “pedofiel” op sosiale media genoem het.

Unsworth was een van die reddingswerkers wat deel was van ʼn reuse-reddingspoging verlede jaar by die Tham Luang Nang Non-grot in Thailand se Chiang Rai-provinsie om 12 seuns en hul sokkerafrigter te red wat vir langer as twee weke deur vloedwater in die grot vasgekeer was.

Terwyl die reddingspoging aan die gang was, het Musk ingenieurs van Tesla en SpaceX na Thailand gestuur met ʼn miniduikboot wat hulle ontwerp het. Hy het aangevoer die duikboot sal werk om die seuns uit die grot te red. Die hoof van die reddingsoperasie het egter gesê die duikboot is nie prakties vir die operasie nie.

Unsworth was baie uitgesproke oor Musk se duikboot-voorstel en het daarna verwys as ʼn reklamefoefie. Maroela Media het vroeër berig Unsworth het in die onderhoud gesê “daar is absoluut geen kans” dat die duikboot kan werk nie, asook dat Musk geen begrip het van hoe dit in die grot lyk en wat die omstandighede van die reddingspoging is nie. Hy het verder gesê Musk “moet sy duikboot druk waar dit seermaak”.

Musk het woedend gereageer in ʼn reeks twiets waarin hy Unsworth ‘n “paedo” genoem het. Hy het later die belediging nog verder gevoer deur te twiet: “bet ya a signed dollar it’s true”, en het in verdere e-posse aan BuzzFeed daarop uitgebrei deur te beweer Unsworth het na Thailand verhuis “vir ʼn kinderbruid wat destyds 12 jaar oud was”.

Die Tesla-hoof het onder swaar kritiek deurgeloop vir sy woorde. Hy het later die omstrede twiets uitgevee en Unsworth om verskoning gevra.

Evening Standard berig Unsworth dagvaar Musk vir skadevergoeding van £58 000 (meer as R1 miljoen).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Liberaal ·

Lliberales sal nie meer vryheid van spraak duld nie, nie as jy wit is nie. As julle nie daarvan hou nie, draai julle rug op liberale maatskappye wie se geld dit als aanblaas.

Waarheid ·

Ek sou verkies het dat Musk miljoene aan skadevergoeding betaal het.
Wie dink hy is hy?
Hy het suur druiwe gehad omdat hy SY produk wou laat gebruik het en dit sou nie kon werk nie want dit was nie buigbaar nie.
Toe verkies hy om iemand anders sleg te se.
Besdorwebrokkie.

Haan ·

Dit os nie die twiet wat van Elon “public enemy nr1” gemaak het nie. Sy twiet “and we all know who owns the media” was die een wat die “eienaars van die media” hewig ontstel het. Die twiet oor Usworth is nou net n gul geleentheid om hom te kasty

Griet ·

Ons SUKKEL maar om onse tonge te beheer en om onse monde te ZIPP op sosiale media…

Anida Visagie ·

Al is Musk beslis verkeerd, was dit nie nodig dat Unsworth so beledigend opgetree het nie. Sommige mense se ego’s – ai tog!

alwyn burger ·

Is Unsworth op soek na geldelike voordeel. Hy protesteer te hewig. Sy reaksie op Musk se aanbod van hulp is doodgewoon beledigend. Weet Musk dalk iets van hom? . Hoekom is Unsworth so op sy agterpote?

E ·

Dalk het oompie Johnny ń vinger in die pie hier? Ou Elon het mos lekker gefuif met Amber toe sy nog getroud was.

Sê net ·

Nee, nie deur sy nek nie, sommer so uit die kleingeldsakkie van sy beursie.

John ·

Emosies loop hoop op sulke tye en daarna klink alles vreemd. Musk wou net ook help. maar sekere ander mense wou graag alleen die limelight kry. Musk het dalk op seer tone getrap? Daar is baie mense wat jaloers is op Musk se prestasies. Selfs mense in sy maatskappy wat hom graag wil uitdruk en oorvat.

Liberaal ·

Liberale waardes gee nie meer om oor hulp aanbied en goeie harte nie, dit gaan nou als oor om als wat westers, wit is sleg te maak en die wereld te verenig om Allah te dien, dit is die globale elite se nuwe geloof om die massas te manipuleer. Respekteer dit of verwerp die linkse maatskappye wat hulle saak befonds.

Edd ·

Eks nou nogal neskierig oor hoe musk se twiet vir die ou ‘n miljoen se skade gekos het? Hy maak nie soveel in ‘n jaar nie so dit kan nie wees dat hy nie werk kon kry nie. Jou ego is niks geld werd nie. Die hele debakel is somer simpel.

Heksie ·

Duidelik dink hy (Elon Musk) dat hy verhewe is bo alles en almal, geld het na sy kop gegaan. As hy regtig wou help, hoekom was hy nie op die eerste vlug oppad soontoe om te gaan kyk hoe hy kan help nie?
Selfs ek wat niks weet van reddingswerk nie, kan dink dat ‘n duikboot van geen waarde sou wees met so reddingspoging nie.

Ig ·

Heksie, lees weer die berig, n mini duikboot. Musk se duikboot is klein en kompak om in grotte en klein spasies te funksioneer. Musk het gesê wat hy gesê omdat hy geweet het waarvan hy praat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.