Die Suid-Afrikaans gebore entrepreneur Elon Musk en hoof van die elektriese motorvervaardiger Tesla, het die Microsoft-stigter Bill Gates amptelik verbygesteek as die wêreld se tweede rykste man ná ʼn buitengewone styging in sy persoonlike fortuin.
Volgens die Bloomberg Billionaires Index is slegs Jeff Bezos, stigter van Amazon, ryker as Musk.
Musk (49) se totale netto waarde het met sowat $7,2 miljard (billion) tot $128 miljard (billion) gestyg nadat aandele in Tesla die hoogtes in geskiet het. Dit kom nadat Tesla tot die gesogte S&P 500-indeks, een van die grootste aandele-indekse in die VSA, toegevoeg is.
Dit het ʼn nuwe vlaag van kopers van die elektriese motorvervaardiger se aandele ontlok en het die maatskappy se markwaarde tot meer as $500 miljard (billion) laat styg en sodoende Musk se aandeel in die onderneming ʼn hupstoot gegee.
Tesla, wat in Kalifornië gesetel is, is die waardevolste motormaatskappy ter wêreld, ten spyte daarvan dat hy slegs ʼn fraksie van die aantal voertuie vervaardig wat deur mededingers soos Toyota, Volkswagen en General Motors vervaardig word.
Musk, ook medestigter van die lugvaartmaatskappy SpaceX, het Dinsdag in ʼn toespraak in Duitsland gesê dit sou “sin maak” vir Tesla om na Europa uit te brei deur die massamark met ʼn klein motor te betree.
“In die VSA is motors geneig om groter te wees na gelang van persoonlike smaak. In Europa is die motors kleiner,” het hy gesê.
Hy moet net nie dat die ANC en EFF hiervan hoor nie, want dan is hy more bankrot.
Ek hou Elon Musk (SA gebore) se opgang in die sakewêreld, met groot belangstelling dop.
Hy was Jan 2020 nog 35ste gelys. Fenominale sukses tot nr 2….Welgedaan!
In ‘n pandemie terwyl 100de miljoene wereldwyd hulle werke en huis verloor. Maar ons mag nie die sisteem bevraagteken nie. Mense ag dit as ‘n prestasie. Wat help dit dat die bybel teen hebsug preek en mense verafgod steeds geld?
Kyk bietjie dieper en lees ‘n bietjie wyer om te sien waarmee is hy besig. Dit is miskien nie altyd voor die handliggend warmee hy tans mee besig is nie. Iets wat ‘n mens se opinie kan laat aanpas.
Hoekom wil die media so graag heeltyd na hom verwys as die sa gebore Elon Musk? Die man is reeds van jongs af Amerikaanse burger en het uit eie reg in Amerika bereik wat hy bereik het.
Na ‘n’ hele dag se gekerm deur comrade Hanekom dat hy ‘n geldjie SA toe moet stuur is dit onwaarskynlik dat die man se gesonde verstand hom sal oorreed om ‘n enkele sent sal stuur. Dis nou gesien teen die agtergrond van die ANC se rekord om geld te laat verduister.
Sou dit definitief niein SA bereik het nie