Elon Musk rook dagga op komedie-podsending

Skermgreep uit die video

Tesla-aandele het Vrydag met 6% gedaal toe twee van sy senior uitvoerende beamptes bedank het, net ure ná die uitvoerende hoof Elon Musk ‘n trek van ‘n daggasigaret op ʼn regstreekse podsending geneem het.

Die maatskappy se rekenmeester, Dave Morton, en hoof van menslike hulpbronne Gaby Toledano, het hulle bedanking ingedien. Morton het slegs ʼn maand gelede by die maatskappy begin werk, en sê “die vlak van publieke aandag wat op die maatskappy geplaas word, en die pas in die maatskappy, het my verwagtinge oortref”.

Hy het gesê hy glo steeds in Tesla, die maatskappy se missie en toekomsvooruitsigte. Hy het bevestig hy het nie enige meningsverskille met Tesla se leierskap of probleme met die maatskappy se finansiële beriggewing gehad nie.

Die twee het bedank een dag ná Musk omstredenheid veroorsaak het toe hy marijuana op ʼn podsending met die Amerikaanse komediant Joe Rogan gerook het.

Die 47-jarige biljoenêr is in Pretoria gebore en het aan die Pretoria Boys High School gematrikuleer.

Hy het Donderdag twee en ʼn half ure lank op die podsending oor enigiets van kunsmatige intelligensie en sy impak op mense tot vuurwerpers en sosiale media gesels.

Rogan het die sigaret aangesteek en Musk wou weet of dit ‘n daggasigaret of ‘n sigaar is. Rogan verduidelik dan dit is ʼn mengsel van tabak en marijuana. “Het jy dit al ooit probeer?” wou hy by Musk wees. “Ek dink ek het al een keer probeer,” antwoord Musk.

“Kom aan,” moedig Rogan hom aan en Musk lag. “Jy kan waarskynlik nie, as gevolg van aandeelhouers, reg?”

Nadat Rogan bevestig het dis wettig (dis wettig om marijuana in Kalifornië te rook) neem Musk een trek van die sigaret voor hy dit weer aan Rogan teruggee.

Musk het nie dadelik reageer op vrae oor sy gedrag of kommentaar op die podsending nie.

Talle van Musk se Twitter-volgelinge wou weet of marijuana teen maatskappybeleid is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Mark ·

Eerder dagga as drank. Gewoonlik nie dagga kenners wat kamstig als weet van dagga. Rook self en besluit.
Ps… Jy sal verbaas wees oor hoe vals n STIGMA jou kan verlei.

Ander Annie ·

“Wonderlike voorbeeld” wat hy vir jongmense stel. As jy my seuntjie was, sou die ou en getroud paplepel werk gehad het.

Ander Annie ·

Daar is niks kinky aan ‘n paplepel nie. Ek sou hom ‘n pak sale gegee het soos wat net ‘n Ma dit kan doen.

tollie ·

Hy’t een trekkie gevat vir die sports, verstaan nie hoekom mense alles wil ophemel nie.

J ·

Baie sien niks verkeerd met dagga nie. Wag totdat jou tienerseuns dit begin rook en dan sal jy sien wat se invloed dit nie net op hul eie lewens het nie, maar ook op hul vriende en hul ouers se lewens. Ek ken nie een mens wat dagga rook wie se lewe ‘n suksesverhaal weerspieël nie. Dit maak seer, skelm, doen skade, breek af, vernietig. Daar is niks goed daaraan nie, behalwe die sogenaamde chilled feeling wat die roker kry. En moenie verbaas staan oor hoeveel van ons jong mense vandag nie dagga rook nie. Ek bid vir elke ouer, familielid, vriend en daggaroker sterkte toe. Mag die Heer jul aanraak en verlos.

Dampie ·

Elon se lewe is ‘n redelike suksesverhaal…. Maar dalk rook hy dit net af en toe, en nie gereeld nie.

Liz ·

Is jy okey daarmee dat mense drink? Dit is Al menigde male wetenskaplik bewys dat drank slegter vir jou is as dagga. Ek ken mense Wat baie suksesvol in die lewe is Wat dagga rook. Dan ken ek mense Wat onsuksesvol in die lewe is Wat ander judge oor dagga. (sukses is natuurlik n relatiewe begrip) wet jou die mense Wat jy so na verwys Wat nie suksesvol is omdat hulle dagga gebruik, hulle sou 10 teen een anyway nie suksesvol gewees het nie. Dis nie die dagga se skuld nie

Henk du Toit ·

Liz na die aarde geskape is het die Skepper nie weer opgevaar na die hemel en gesê: “O Gits! Ek het my twaksak vergeet.” nie. Dagga is al so gestigmatiseer dat almal glo dit is boos. As mense maar net weet hoe tabakmaatskappye betaal dat die regring dit nie wettig nie sal hulle hulle hande saamslaan in ongeloof. Ek het vir my kinders die vrye keuse gegee om enige dwelm te gebruik op voorwaarde dat hulle dit voor my doen en nie een het belang gestel nie. Verkramptheid is ook n dwelm!

Antiestabliesment ·

Henk

Jy is die en van die mees sinvole mense op hierdie forum. Jou handel met jou kinders applous ek want dit is min ouers wat ‘sens’ het om hul kinders reg te leer. die meste skree net dinge soos ‘As jy aan daai goed raak onterf ek jou’ Totale waansinnige denke.

Meeste m,ense hier is natuurlik gelowig en die Bybel se mos – ek parafraseer . ‘try alles en bly die goeie’. Nouja, onder toesig stem ek saam dat alles ondersoek word. algehele vermyding en weiering jaag net die nuuskiesrigeheid aan.

My kinders het dieselfde keuse van my gekry en geen van my kinders tel belang in dwelms nie.

Swartwolf ·

Hy lei baie mense om die bos en dit gaan groot geld kos wanneer die hele TESLA gebou tuimel. Die man is duidelik senuweeagtig……

Johan ·

Lekker Elon! Geen wonder jou maatskappy floreer so nie, jy is van die soort wat “buite die boks” dink en jou nie steur aan suur ou tannies en omies wat hoog is op chemiese medikasie nie!

Johan ·

Stem saam. Baie wat teen dagga uitvaar is aan dinge soos pille,alkohol, kos, koffie,suiker, porno verslaaf. Musk is duidelik suksesvol. Haal eers balk uit eie oog voor jy skeinheilig hier is.

Stormrider ·

As jy Afrikaanse musiek agteruit speel hoor jy koekresepte

Speedguard ·

Soos Country en Wetern musiek agteruit speel kry jy jou vrou , jou huis en al jou kinders ook terug !

Smirre ·

Maar die ware radikales speel Valiant Swart en Johannes Kerkorrel agteruit en luister na die potjekos reepte wat in kodetaal opgeneem is.

DS ·

Ag asseblief skynheilige samelewing waarin ons leef. Waarskynlik is die klomp wat die hardste skreeu kettingrokers of elke-dag-moet-drankie-vat- vir-stres tipe of die ouderling wat voor in kerk sit en sy vrou elke aand slaan. SOLANK iets in geheim gedoen word is dit ok. Wonder hoeveel Maroela lesers sal eerlik wees en erken hulle het tenminste al eenkeer in hulle lewe ook ‘n teug van daggazol gevat. Ek het en daar het ek besluit nee wat nie vir my en vandag is ek’ n doodnormale wetsgehoorsame burger wat my taks betaal. Hou op klippe gooi want ons almal bly in glashuise.

Linda ·

Ek ken vir Elon persoonlik baie goed, hy is nie n daggaroker nie !! Hy is wel verslaaf op hoes medisyne wat hom wakker hou omdat hy die meeste van die tyd 18 ure n dag werk. As daar nou konsuis mense bedank het, dan was hulle nie goed genoeg om by Tesla te werk nie ! Elon is baie streng !!!!

Linda ·

Elon is n vreeslike veeleisende en introverte mens. As hy nou vir jou se, my agent gaan jou bel, more vlieg jy Malyasia toe, al sien hy jou net 2 ure in 7 dae moet jy daar wees ! Sy liefdeslewe is bizarre omdat hy reguit vir n meisie se dat hy net 10 ure per maand met haar kan spandeer. Elon is nie net die CEO van Tesla nie, maar ook SpaceX, Hyperloop ens ens. Hy is n werkesel !!!

Liz ·

Ek het net 11 ure n maand tyd vir n kerel in n maand – hy sal perfek by my pas :D

Lynne ·

@Liz – ek stem 100% met jou saam. Ek ken ook mense wat super suksesvol is en wat elke aand hulle daggadampie maak. Dagga is 100x gesonder as drank en ‘n loser sou in elk geval een gewees het…met of sonder dagga!

Stier ·

Is die artikel nou of boomrook jou suksesvol maak ?? Dalk moet suksesvol gedefinieer word. Musk is ‘n grootbek egois of narsissist wat nog waarde vir sy beleggers moet toevoeg. Hy maak groot beloftes op groot hoeveelgede geld. Dalk moet hy eers die profeite lewer voor hy wil tak rook in die publiek. Dit sal hom meer geloofwaardigheid gee. Geen uitvoerende leier slaap op fabriekvloere of rook aaptwak in die publiek nie.

Mr B ·

Slegte indruk met sy beleggers geskep. Onthou een van sy beleggers is die regering. Hulle is deesdae konserwatief en dagga swem teen hulle stroom. Sonder hulle is Tesla insolvent! Dom!

Nel ·

Jy kan nie dwelm- en alkoholmisbruik met mekaar te vergelyk.
Neem bv dagga – molekule vir molekule is THC [in dagga] se vermoë om slegs ’n ligte bedwelming te veroorsaak 10 000 keer sterker as dié van alkohol en dit neem die liggaam maande om van die gevolge daarvan te herstel. Dis wetenskaplik op rekord, gaan lees maar op of gaan google whatever.

Aaptwak ·

Nel
“dit neem die liggaam maande om te herstel daarvan” Watse twak rook jy?

Weet jy daar is meer as 100 wetenskaplike publikasies wat wys dat jou liggaam herstel van kanker as jy dagga gebruik? THC die mees effetiewe kannabiniode.

Weet jy dat dagga meer as 700 kwale kan behandel sonder negatiewe newe effekte?

Weet jy dat dagga niks bevat wat jou daaraan kan verslaaf maak nie? (MAW jy het geen onttrekkings simptome nie) Dit is soos enige iets anders (kos, lekkers, koeldrank) gewoontevormend slegs omdat die gebruiker van iets hou in die produk (die hoog).

Weet jy dat dagga geen negatiewe newe effek het nie?

Weet jy dat mens nie kan sterf van oordosis dagga nie?

Weet jy?:
Aspiriene kan jou maag laat bloei? Dagga nie, beide verlig pyn.
Aspiriene kan jou niere beskadig? Dagga nie.
Aspiriene kan jou brein en lewer aantas? Dagga herstel brein en lewer funksie
Aspiriene wat gebruik word om bloed te verdun kan breinbloeding veroorsaak? Dagga nie, en dit help ook om bloedklonte te voorkom sonder om bloed te verdun.

Weet jy mens gaan dood van te veel (oordosis) pyn pille? Jy kan nie oordoseer met dagga nie (Jy gaan lank hoog wees, maar dis goed vir jou om te ontspan…is dit nie ook wat die Dr sê nie, jy moet gaan rus om te herstel)

Moet ek verder gaan met Ibuprofen, Kodiene … alkohol, tabak, suiker?

Cherokee ·

Wanneer ek so met ‘n glimlag deur die uiteenlopende kommentare lees, dink ek sommige van julle is miskien Liz vir ‘n dampie:-)

HPV ·

Nugter alleen weet waarom mens jouself moet bedwelm om aanvaarbaarte wees of om goed te voel…? Die meerderheid in die samelewing sal jou sonder dwelms aanvaar en jy gaan ook beter voel daarsonder.

Denise ·

Moet se ek het nou lekker gelag vir al die kommentaar en as julle mooi gelees het Linda het gese hy is nie verslaaf aan dagga nie wel hoesmedisyne !!!!

E.K. die eerste ·

O heng – Conrad, Smirre, Stormrider en Speedguard julle het nou absoluut my Maandag gemaak. So lekker gelag! Elon Musk is uiters suksesvol en sy ander, private doen en late het niks met my te doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.