Elon Musk rook dagga op komedie-podsending

Skermgreep uit die video

Tesla-aandele het Vrydag met 6% gedaal toe twee van sy senior uitvoerende beamptes bedank het, net ure ná die uitvoerende hoof Elon Musk ‘n trek van ‘n daggasigaret op ʼn regstreekse podsending geneem het.

Die maatskappy se rekenmeester, Dave Morton, en hoof van menslike hulpbronne Gaby Toledano, het hulle bedanking ingedien. Morton het slegs ʼn maand gelede by die maatskappy begin werk, en sê “die vlak van publieke aandag wat op die maatskappy geplaas word, en die pas in die maatskappy, het my verwagtinge oortref”.

Hy het gesê hy glo steeds in Tesla, die maatskappy se missie en toekomsvooruitsigte. Hy het bevestig hy het nie enige meningsverskille met Tesla se leierskap of probleme met die maatskappy se finansiële beriggewing gehad nie.

Die twee het bedank een dag ná Musk omstredenheid veroorsaak het toe hy marijuana op ʼn podsending met die Amerikaanse komediant Joe Rogan gerook het.

Die 47-jarige biljoenêr is in Pretoria gebore en het aan die Pretoria Boys High School gematrikuleer.

Hy het Donderdag twee en ʼn half ure lank op die podsending oor enigiets van kunsmatige intelligensie en sy impak op mense tot vuurwerpers en sosiale media gesels.

Rogan het die sigaret aangesteek en Musk wou weet of dit ‘n daggasigaret of ‘n sigaar is. Rogan verduidelik dan dit is ʼn mengsel van tabak en marijuana. “Het jy dit al ooit probeer?” wou hy by Musk wees. “Ek dink ek het al een keer probeer,” antwoord Musk.

“Kom aan,” moedig Rogan hom aan en Musk lag. “Jy kan waarskynlik nie, as gevolg van aandeelhouers, reg?”

Nadat Rogan bevestig het dis wettig (dis wettig om marijuana in Kalifornië te rook) neem Musk een trek van die sigaret voor hy dit weer aan Rogan teruggee.

Musk het nie dadelik reageer op vrae oor sy gedrag of kommentaar op die podsending nie.

Talle van Musk se Twitter-volgelinge wou weet of marijuana teen maatskappybeleid is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

38 Kommentare

jongste oudste gewildste
Mark

Eerder dagga as drank. Gewoonlik nie dagga kenners wat kamstig als weet van dagga. Rook self en besluit.
Ps… Jy sal verbaas wees oor hoe vals n STIGMA jou kan verlei.

Koos

Siestog, enigiets vir bietjie aandag

Ander Annie

“Wonderlike voorbeeld” wat hy vir jongmense stel. As jy my seuntjie was, sou die ou en getroud paplepel werk gehad het.

tollie

Hy’t een trekkie gevat vir die sports, verstaan nie hoekom mense alles wil ophemel nie.

J

Baie sien niks verkeerd met dagga nie. Wag totdat jou tienerseuns dit begin rook en dan sal jy sien wat se invloed dit nie net op hul eie lewens het nie, maar ook op hul vriende en hul ouers se lewens. Ek ken nie een mens wat dagga rook wie se lewe ‘n suksesverhaal weerspieël nie. Dit maak seer, skelm, doen skade, breek af, vernietig. Daar is niks goed daaraan nie, behalwe die sogenaamde chilled feeling wat die roker kry. En moenie verbaas staan oor hoeveel van ons jong mense vandag nie dagga rook nie. Ek bid vir elke ouer,… Lees meer »