Emirates staak vlugte na Tunisië

Emirates-lugredery het gesê hy het van Maandag alle vlugte na Tunisië opgeskort ná die land gesê het hy verbied enige vlugte van dié lugredery, berig Reuters.

Emirates het Sondag die aankondiging gemaak, twee dae ná regeringsbeamptes van Tunisië die Verenigde Arabiese Emirate daarvan beskuldig het dat ʼn Tunisiese vrou verbied is om na die land te vlieg.

Emirates het op Twitter bevestig sy Dubai-Tunis-verbinding sal nie meer beskikbaar wees nie, weens ʼn opdrag van Tunisië. Tunisië se ministerie van vervoer het in ʼn verklaring gesê die lugredery sal geskors word tot hy ʼn manier kan vind om volgens internasionale wetgewing en verdrae sy sake kan bedryf.

Anwar Gargash, VAE se minister van buitelandse sake, het gesê die twee lande het oor “veiligheidsmaatreëls” gekommunikeer, maar nie verduidelik wat dit beteken nie.

Dit volg ná herhaaldelike berigte dat Tunisiese vroue verbied word om Emirate-vlugte van Tunisië na Dubai te onderneem. Burgerlike organisasies en politieke partye het gevolglik ʼn beroep op die regering gedoen om op te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.