ʼn Emirates-vliegtuig van Thiruvananthapuram in Indië het Woensdag ʼn noodlanding gedoen by Dubai Internasionale Lughawe.
Emirates het bevestig al 282 passasiers en 18 bemanningslede aan boord is veilig ontruim.
ʼn Foto wat die Gulf News-webwerf aanlyn gepubliseer het, wys die vliegtuig met sy noodgeute wat ontplooi is. Donker rookwolke kom uit die voorkant en middel van die vliegtuig en brand- en nooddiensvoertuie staan rondom die vliegtuig.
Bronne by Dubai-lughawe het gesê die vlieënier het die noodlanding versoek nadat ʼn brand in een van die Boeing 777 se enjins uitgebreek het.
Vlug EK521, wat omstreeks 12:50 (0850 GMT) sou land, was betrokke in ʼn voorval om 12:45, het die lugredery bevestig. “Ons hoogste prioriteit in hierdie stadium is die veiligheid en welstand van almal betrokke en ons bied ons volle samewerking aan die owerhede en nooddienste wat die situasie bestuur.”
Alle vlugte wat van Dubai sou vertrek is vertraag tot verdere kennisgewing, het die regering op sy Twitter-rekening gesê.
Emirates het gesê hy verwag ʼn vier ure onderbreking in sy netwerk.
al ken en niemand aanboord nie, se ek DANKIE Vader, almal het oorleef.
Baie geluk aan die pilots, kajuit personeel en grond vir al hierdie lewens, veral as ek na daai foto kyk, job welldone!
Dit blyk dat die vliegtuig sonder wiele moes land. Die feit dat daar geen lewensverlies was nie, is net genade.
Weer Lithium batterye met die B777 ? Dis ‘n ou problem.