Emirates-vliegtuig doen noodlanding in Dubai

Die Emirates-vliegtuig wat op 3 Augustus 2016 'n noodlanding gedoen het by Dubai Internasionale Lughawe (Foto: Gulf News)

Die Emirates-vliegtuig wat op 3 Augustus 2016 ‘n noodlanding gedoen het by Dubai Internasionale Lughawe (Foto: Gulf News)

ʼn Emirates-vliegtuig van Thiruvananthapuram in Indië het Woensdag ʼn noodlanding gedoen by Dubai Internasionale Lughawe.

Emirates het bevestig al 282 passasiers en 18 bemanningslede aan boord is veilig ontruim.

ʼn Foto wat die Gulf News-webwerf aanlyn gepubliseer het, wys die vliegtuig met sy noodgeute wat ontplooi is. Donker rookwolke kom uit die voorkant en middel van die vliegtuig en brand- en nooddiensvoertuie staan rondom die vliegtuig.

Bronne by Dubai-lughawe het gesê die vlieënier het die noodlanding versoek nadat ʼn brand in een van die Boeing 777 se enjins uitgebreek het.

Vlug EK521, wat omstreeks 12:50 (0850 GMT) sou land, was betrokke in ʼn voorval om 12:45, het die lugredery bevestig. “Ons hoogste prioriteit in hierdie stadium is die veiligheid en welstand van almal betrokke en ons bied ons volle samewerking aan die owerhede en nooddienste wat die situasie bestuur.”

Alle vlugte wat van Dubai sou vertrek is vertraag tot verdere kennisgewing, het die regering op sy Twitter-rekening gesê.

Emirates het gesê hy verwag ʼn vier ure onderbreking in sy netwerk.

Alle vlugte wat uit Dubai sou vertrek word vertraag tot verdere kennisgewing Foto: Emirates Airlines

Alle vlugte wat uit Dubai sou vertrek word vertraag tot verdere kennisgewing Foto: Emirates Airlines

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

snoefie ·

al ken en niemand aanboord nie, se ek DANKIE Vader, almal het oorleef.

Amazing pilots ·

Baie geluk aan die pilots, kajuit personeel en grond vir al hierdie lewens, veral as ek na daai foto kyk, job welldone!

Andre ·

Dit blyk dat die vliegtuig sonder wiele moes land. Die feit dat daar geen lewensverlies was nie, is net genade.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.