En die Oscar gaan aan…

Mark Mangini, Theo Green, Ron Bartlett en gaste ontvang die Oscar vir beste klankbaan namens die rolprent ‘Dune’. (Foto: Neilson Barnard / Getty Images via AFP)

Die wetenskapfiksie-rolprent Dune was Sondagaand die groot wenner toe die 94ste Oscar-toekennings in die Dolby-teater in Los Angeles in die VSA uitgedeel is.

Dié rolprent het Oscars in ses kategorieë, waaronder beste kinematografie, opgeraap.

Jessica Chastain is met die Oscar as beste aktrise vir haar rol in The Eyes of Tammy Faye vereer terwyl Will Smith die Oscar as beste akteur gewen het vir sy rol in die fliek King Richard.

Die rolprent CODA het die gesogte goue beeldjie ontvang vir beste fliek.

Jessica Chastain het die Oscar vir beste aktrise gewen. (Foto: Frederic J. Brown / AFP)

Will Smith het die Oscar vir beste akteur gewen. (Foto: Robyn Beck / AFP)

Hier is ʼn lys van wenners in die hoofkategorieë:

Beste fliek

CODA

Beste regisseur

Jane Campion, The Power of the Dog

Beste aktrise

Jessica Chastain, The Eyes of Tammy Faye

Beste akteur

Will Smith, King Richard

Beste akteur in ʼn ondersteunende rol

Troy Kotsur, CODA

Beste aktrise in ʼn ondersteunende rol

Ariana DeBose, West Side Story

Beste dokumentêr

Summer of Soul

Beste animasieprent

Encanto

Beste oorspronklike draaiboek

Belfast – Kenneth Branagh

Beste aangepaste draaiboek

CODA – Sian Heder

Beste oorspronklike klankbaan

Dune – Hans Zimmer

Beste kinematografie

Dune

Beste buitelandse fliek

Drive my Car (Japan)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tinus ·

…niks omtrent Will Smith wat vir Chris Rock gepot het nie? Wat ‘n klomp clowns.

Frank John ·

Beste? Jy moet finale laaste prent sien wat kom. “Jesus op die wolke” laaste slag, “Gog &Magog&Ros in die berge rondom Israel verslaan” Wat ‘n fliek gaan dit nie wees nie.
Kom Jesus Kom. Almal wat hoor roep “Kom!”
Kannie wag nie. Eseg. 38:2- en 18 & Eseg. 39:1-7

VaalDonkie ·

Chris Rock behoort ‘n Oscar te kry vir hoe professioneel hy was nadat Will Smith se ware kleure uitgekom het.

Lollapop ·

Enige man wat vir sy vrou omgee sou so opgetree het, Chris Rock was so verkeerd beslis nie professioneel

Marthinus W ·

My gunsteling rolprentresensent is Michael McCaffrey. Volgens hom stel niemand in Amerika meer belang in die Oscars nie. Sean Penn het gedreig: as Zelenski nie uitgenooi word om n toespraak te maak nie, smelt hy sy Oscar. Wonder of hy gaan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.