En die vrotste fliek van 2017 is …

The Emoji Movie (Foto: The Emoji Movie)

The Emoji Movie, die animasieprent waarin die Amerikaanse akteurs James Corden en Patrick Stewart rolle vertolk, is Vrydagaand met die 2018 Razzie-prys vir die swakste fliek van 2017 bekroon.

Die Golden Raspberry-pryse, bekend as die Razzies, is Vrydagaand vir die 38ste keer in Los Angeles uitgedeel. Dié tong-in-die-kies-toekennings wys jaarliks die swakste fliek, akteurs en vervaardigers aan en word gegrond op graderings, resensies en stemme van die publiek.

The Emoji Movie het ander toekennings ook gewen: die swakste regisseur van die jaar en die swakste draaiboek.

Die Amerikaanse akteurs Tom Cruise en Mel Gibson het ook twee pryse ontvang. Cruise het die toekenning vir swakste akteur ontvang vir sy rol in The Mummy en Gibson het swakste byspeler vir sy rol in Daddy’s Home 2.

Die akteur Tyler Perry het die prys vir die swakste akteur gewen vir sy rol as ʼn ouer vrou in Boo 2: A Medea Halloween. Kim Basinger het die prys vir slegste vrouebyspeler gewen vir Fifty Shades Darker.

The Emoji Movie is vroeër vanjaar in Saoedi-Arabië as die eerste rolprent in ʼn fliekteater in dié land in 35 jaar vertoon.

Die fliek het minder as een uit tien op die resensieforum “Rotten Tomatoes” ontvang.

Bron: BBC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

M A ·

Uitstekend! Nou kan DSTV dit seker verniet bekom en in ons kele afdruk.

Derick ·

Synde dat dit die Razzies is moes Gibson seker die toekenning vir “Slegste” byspeler ontvang het?

GM ·

My dogtertjie is ook mal oor die ‘poopie-moji movie’, soos sy dit noem ?

Westing ·

Die swakste flieks word deur Multichoice gekoop en ons moet dit kyk. Die goeies kan eers 2 jaar later gekyk word as die prys laag is en niemand wil dit meer kyk nie

Johan. H. ·

Mense lieg orals,, Hang af waar daar geld te verruil is,, Nognie een goeie fliek op Box office gesien nie,,, Low budget gemors, en dan gee hulle jou net n beperkte keuse,, Is maar deel van die groter prentjie om soveel geld temaak met so min as moontlik,, Die groot woord is maar INTREDOKTENERING soos wat maar ook in die politiek gesien kan word om mense se gedrags patrone te verander ,

JJ ·

Jy hoef nie DSTV of BoxOffice te kyk nie, klim in jou kar en gaan neem dan iets uit. Baie, BAIE eenvoudig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.