En (nog) ʼn Oscar gaan aan … ‘Oppenheimer’

Cillian Murphy het Sondagaand die Oscar vir beste akteur vir sy rol in ‘Oppenheimer’ gewen. (Foto: Robyn BECK / AFP)

Christopher Nolan se Oppenheimer was Sondagaand die groot wenner tydens die 96ste Oscar-toekennings in Hollywood. Die rolprent het sewe Oscars ingeryg terwyl Poor Things –  ʼn vroueweergawe van die Frankenstein-verhaal – vier opgeraap het.

Emma Stone is met die Oscar as beste aktrise vir haar rol in Poor Things vereer terwyl Cillian Murphy die Oscar as beste akteur gewen het vir sy rol in Oppenheimer – ’n rolprent oor die ontwerp en bou van die atoombom.

Barbie het in slegs een van die agt kategorieë waarvoor dié pienk fliek benoem is met ʼn Oscar weggestap – beste oorspronklike liedjie.

Só lyk die wenners: Beste aktrise in ‘n hoofrol Emma Stone, beste akteur in ‘n hoofrol Cillian Murphy, beste aktrise in ‘n ondersteunende rol Da’Vine Joy Randolph en beste akteur in ‘n ondersteunende rol Robert Downey Jr.(Foto: Robyn BECK / AFP)

Christopher Nolan ontvang die Oscar vir beste regisseur. (Foto: Patrick T. Fallon / AFP)

Hier is ʼn lys van wenners in die hoofkategorieë:

Beste fliek

Oppenheimer

Beste regisseur

Christopher Nolan, Oppenheimer

Beste aktrise

Emma Stone, Poor Things

Beste akteur

Cillian Murphy, Oppenheimer

Beste akteur in ʼn ondersteunende rol

Robert Downey Jr, Oppenheimer

Beste aktrise in ʼn ondersteunende rol

Da’Vine Joy Randolph, The Holdovers

Beste oorspronklike draaiboek

Justine Triet en Arthur Harari, Anatomy of a Fall

Beste aangepaste draaiboek

Cord Jefferson, American Fiction

Beste dokumentêr

20 Days in Mariupol

Beste animasieprent

The Boy and the Heron

Beste oorspronklike liedjie

Billie Eilish en Finneas O’Connell, “What Was I Made For?” van die Barbie-klankbaan

Beste kinematografie

Hoyte van Hoytema, Oppenheimer

Beste buitelandse fliek

The Zone of Interest (Verenigde Koninkryk)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.