Engelstalige universiteite in Brics glo nie watwonders

 

Universiteit van Stellenbosch Foto: cair.za.net

Universiteit van Stellenbosch Foto: cair.za.net

Agt Suid-Afrikaanse universiteite is onder QS se top 100 universiteite in Brics-lande in 2013 aangedui. Die lys is pas bekend gemaak.

Die Suid-Afrikaanse universiteite wat die beste vaar, is Ikey’s (Universiteit van Kaapstad) in die 11de plek, Maties (Universiteit van Stellenbosch) in die 30ste plek, en Wits (Universiteit van die Witwatersrand) in die 31ste plek.

Prof. Adam Habib, rektor van Wits, is pas in die media aangehaal oor hoe onaanvaarbaar dit is om hoofsaaklik Afrikaanse universiteite te hê, maar sy Engelstalige universiteit is deur die US geklop.

Tukkies (Universiteit van Pretoria) is in die 43ste plek, met die UKZN (Universiteit van KwaZulu-Natal) in die 60ste plek. UJ (Universiteit van Johannesburg) beklee die 61ste plek, en Rhodes-Universiteit die 72ste plek.

Die Universiteit van Wes-Kaapland in die 88ste plek maak die agterhoede van die Suid-Afrikaanse universiteite uit.

In die volledige Brics-lys, het Chinese universiteite die top twee plekke ingeneem, met ‘n Russiese universiteit in die derde plek. Die Universiteit van Kaapstad, in die 11de plek, is die Engelstalige universiteit wat die beste gevaar het. Die Indian Institute of Technology, in die dertiende plek, se toelatingseksamens geskied in verskeie tale, waaronder Hindi en Engels.

Die volledige ranglys kan hier bekyk word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.