Enkele oorlewendes ná vliegtuig neerstort

Die wrak van die vliegtuig. Foto: @AndresFelipe/Twitter

Die wrak van die vliegtuig. Foto: @AndresFelipe/Twitter

Ses mense het oorleef ná ʼn vliegtuig in Colombia neergestort het.

Die omvang van die oorlewendes se beserings was egter nie onmiddellik bekend nie. Dit is intussen wel bevestig daar was 72 passasiers en nege bemanningslede aan boord die vliegtuig toe dit naby die dorpie La Union neergestort het.

Die vliegtuig het lede van ʼn Brasiliaanse sokkerklub van Bolivië na Medellin vervoer. Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, maar volgens sekere berigte was dit moontlik weens gure weer.

Daar is radarkontak met die vliegtuig, ʼn British Aerospace 146, verloor nadat dit naby die dorpie La Union verbybeweeg het.

Lughawebeamptes het bevestig spelers van die Chapecoense-sokkerklub was aan boord die vliegtuig. Die span sou Woensdag teen Atletico Nacional in Medellin gespeel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Leonie ·

Dis so hartseer. Rus in Vrede en sterkte aan al die families.

Marianne ·

Hel dis sad. God het ingegryp en weer Sy krag bewys deur 6 te spaar. Hoe wonderlik is dit nie?

Tiger ·

Dit het intussen aan die lig gekom dat die vliegtuig uit brandstof sou raak en die loods het die lughawe beheer toring gevra om dadelik te land.Hy is landing geweier omdat ‘n ander vliegtuig met ‘n meganiese probleem voorrang om te land gehad het.Kort daarna is die vliegtuig se brandstof op en moes die loods ‘n noodlanding maak.Dis baie tragies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.