Enorme kinderporno-webwerf gesluit

(Argieffoto: Unsplash)

Die polisie in Duitsland het Maandag bekend gemaak dat hy een van die grootste kinderpornografie-platforms ter wêreld op die sogenaamde donker internet gesluit het. Vier verdagtes is reeds middel April in hegtenis geneem in verband met hul beweerde betrokkenheid by dié platform.

Die platform staan bekend as “Boystown” en bestaan ​​sedert 2019. Die platform het meer as 400 000 lede en is ingestel op die “wêreldwye uitruil van kinderpornografie,” sê die Duitse federale polisie in ’n verklaring.

Boystown, sowel as ander kletsplatforms op die donker internet, is intussen gesluit.

Luidens die verklaring kon gebruikers van die donker internet tot onlangs nog met ander op die platform kommunikeer en grafiese beeld- en video-materiaal met mekaar deel. Die inhoud sluit onder meer in “die ernstige seksuele misbruik van kleuters”.

Drie mans tussen die ouderdom van 40 en 64 is verlede maand tydens sewe klopjagte in Duitsland in hegtenis geneem. Nog ’n verdagte word in dié stadium op versoek van die Duitse owerhede in Paraguay aangehou.

Die verdagte in Paraguay se Concepcion-streek is ook ’n Duitse burger en moet ingevolge ’n hofbevel aan Duitsland uitgelewer word.

Die Duitse polisie sê drie van die mans word daarvan beskuldig dat hulle as administrateurs van die platform gedien het en tegniese ondersteuning en raad aan lede gegee het oor hoe om te voorkom dat hulle deur die owerhede ontdek word.

Die vierde verdagte word as “die platform se mees aktiewe gebruiker” beskryf.

Volgens ondersoekbeamptes is die Duitse owerhede se maande lange operasie deur Europol gekoördineer met die ondersteuning van wetstoepassers in Nederland, Swede, die Verenigde State en Kanada.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

ᛄᚪᚾ ·

Toesluit? Ek het baie drastieser voorstelle: brandende binnebande en pangas om mee te begin – straatreg

Helene ·

Dis BAIE GOEIE Nuus. Stem met ‘Nuustak’ sluit al 400000 toe!!

Pieter J ·

Dit lyk asof nuwe netwerke telkens op die been gebring word sodra die bestaandes gesluit word. Wat ń sieklike spul.

Misky ·

Kan nie glo daar is sò baie siek mense in die werld nie…. en dis net hierdie 400 000 wat nou geblok is en seker nog dubbel soveel daarbuite. Siesa

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.