Entstof verminder oordrag met 40%, sê WGO

(Foto: Justin Tallis/AFP)

Covid-19-entstof het oordrag van die dominante Delta-variant met ongeveer 40% laat daal, het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) Woensdag gesê. Hulle waarsku egter teen ʼn vals idee van veiligheid.

Tedros Adhanom Ghebreyesus, hoof van die WGO, het persone, wat ingeënt is, gemaan om steeds maatreëls toe te pas om te voorkom dat hulle Covid-19 opdoen en die siekte oordra. Hy het gesê meer as 60% van alle gevalle en sterftes wat aangemeld word, is weer in Europa. Dié getal gevalle beteken onvolhoubare druk op gesondheidstelsels en gesondheidsorgwerkers.

“Ons is besorg dat mense ʼn vals idee van veiligheid het dat entstowwe die pandemie tot ʼn einde gebring het en dat mense, wat ingeënt is, nie verdere voorsorgmaatreëls hoef te tref nie,” het Tedros aan verslaggewers gesê. “Entstowwe red lewens, maar dit verhoed nie ten volle oordrag nie. Data voor die Delta-variant het egter gewys dat entstowwe oordrag met ongeveer 60% verminder. Met Delta het dit tot ongeveer 40% gedaal.”

Die meer oordraagbare Delta-variant is nou dominant wêreldwyd en het meeste ander variante en die oorspronklike stam oorgeneem. Van die 845 000 monsters wat die afgelope 60 dae op die GISAID-databasis gelaai is, was 99.8% die Delta-variant.

“As jy ingeënt is het jy ʼn baie laer risiko om ernstig siek te word of te sterf, maar jy kan steeds die virus opdoen en dit oordra,” het Tedros bygevoeg. “Ons kan dit nie genoeg benadruk nie: selfs al is jy ingeënt, moet jy steeds voorsorgmaatreëls neem om seker te maak dat jy nie self die virus opdoen en iemand anders aansteek wat dalk kan sterf nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

A ·

Ek lag net dat mense gebruik hulle tegnologiese voorwerpe wat deur wetenskap ontwerp is om hierdie kommentaar te :(

VaalDonkie ·

Ou “A”, wetenskap is net ‘n vakgebied. Dis wat jy daarmee doen wat bepaal of dit goed of sleg is. Nie elke ou wat ‘n pilletjie maak is jou vriend nie. Meeste van hulle is meer gepla met geldmaak as oor jou welstand. Daar is nie geld in gesonde mense nie (behalwe seker as jy vitamines en “slim water” verkoop).

annie ·

Die WGO is bang ons vergeet van hulle en die virus. Wat gaan die spul met hulself aanvang as covid-19 uitgewoed is, of is delta net die begin van erger vlae met erge voorspooksels dat duisende der duisende mense in die komende wintermaande in die noordelike halfrond van die virus kan sterf. Wat wat vir ons hier in die warmer suide inhou?

Corrie ·

Die vraag is net: Watse alternatief stel die anti vaksineerders voor om die probleem op te los.

Alet ·

Hulle moet hospitale toelaat om vroee behandelings wat effektief is, te gebruik, al kan groot pharma nou nie baie geld maak daaruit nie

Nici ·

Ivermectin, vit c, d en zink asook ‘n bloedverdunner, soos reeds deur talle dokters gebruik word vir vroee behandeling.

Liesje ·

As mens geseend is om ‘n oopkop dokter te hê wat jou vinnig op die regte behandeling sit, het jy ook ‘n beter kans. My man en ek het albei nie die vaksien gevat nie en het albei siek geword. Ons albei het herstel.Terloops ons is bo 60jr. Nou het ons baie beter immuniteit as geëntes.

VaalDonkie ·

Neem jou aanvullings en gaan dokter toe sodra jy sleg voel. Moenie wag tot jy dodelik siek is nie. En maak seker jou huisdokter is vertroud met een van die protokols om Covid op ‘n buite-pasient basis te behandel. Die kritiese dag is dag 8 wanneer die allergiese reaksie begin so jy wil nie kanse vat nie. Lees byvoorbeeld oor dokter Shankara Chetty van KZN wat al 7000 pasiente vir covid behandel het.

Charl Albertus ·

Eerlikheid van inligting.
Gebalenseerde nuusdekking.

piet ·

Maak nie saak hoe hulle dit rapporteer nie (en hoe wetenskaplik korrek dit is nie), as dit nie jou narratief pas nie gaan jy se dis oneerlik, ongebalanseerd en gekook.

Alet ·

Die feit dat hoogs ingeente lande presies dieselfde waves het en selfs erger, soos gibraltar, ierland ens. kan hulle nou nie meer wegsteek nie. Daarom moet hulle nou begin erken dat die inspuiting nie doen wat hulle beloof het.

FranWilder ·

Net so. Kom ons wees eerlik, niemand weet regtig wat aangaan nie

piet ·

Die wetenskaplike bewyse is dan daar, hoekom ignoreer julle dit?

Maroela ·

Goeie more Piet. Ons sal die vaxx neem oor ‘n dekade wanneer die huidige proeflopie verby is, en ons seker is dat die proefkonyne nie gesterf het weens ADE nie. Daar is al klaar tekens dat ADE ‘n bedreiging is vir die vaxxed in Israel.

Landras ·

Hoe lyk die sterftesyfers daar ? Want DIT IS WAT DIE VERSKIL MAAK – antivaxxers is so slim .

Landras ·

Wat is die stertfesyfer van die lande ? Dit is die verskil , kyk mooi .

Frank ·

Piet, woordjies soos “statistiek” en “kundiges” en “wetenskaplike bewyse” het ongelukkig deesdae heeltemal hulle oorspronklike betekenis/bedoeling verloor.

Nici ·

Is dit nou dieselfde WHO wat begin laasjaar gese het mens tot mens oordrag gebeur nie? Die CDC het gese die viral loads vir ingeentes en oningeentes is dieselfde.

VaalDonkie ·

Dieselfde mense wat gewaarsku het dat Donald Trump nie oorhaastig moet wees nie want mRNA-terapie is baie gevaarlik. Maar toe hy uit is, toe is dit ewe skielik die beste ding sedert Penicilin. Daarom dat mens niks kan vertrou nie. Want die waarheid tel nie meer nie, dis net wie se ou in beheer is. Dieselfde mense wat so teen ‘n haastige inenting was, is nou voor in die koor om my te wil dwing om dit te neem. So wie is reg? Want die storie sal seker weer verander as die ander ou se party wen.

Lood ·

Wie glo nog enigiets wat die WGO sê? En hoe het hulle hierdie navorsing gedoen?

VaalDonkie ·

Hulle het seker ‘n komittee saangestel en “besluit” wat die waarheid is.

madels ·

Regtig? Met net 40%? En jy kan nog steeds Covid19 kry? Dis lagwekkend!

piet ·

“Net”, dis amper helfte minder, is dit nie vir jou ‘n voordeel nie?

Yolandie ·

Nou vir wat wil jy ‘n inspuiting vat met 40% kans vir ‘n siekte met 96% herstelkoers..

Frank ·

Net so. Haai weet jy Yolandie, geen “statistiek”, “wetenskaplike navorsing” of “kundige advies” kom naby logika nie

Charl Albertus ·

Hier is wat vir my interesant is:
In my kringe, en dit is wyd, is daar omtrent
10% wat ge-ent is,
30% wat geen opinie uiter nie,
60% wat moeg is vir die hele Covid ding of teen die verpligte spuit is ens….

Ek vermoed die syfers mag verskil van gebied tot gebied of etniese groep, ens. Maar ek dink wat mense in ons kringe betref is die gevoel taamlik die selfde.

So, hoekom word net een kan verteenwoordig in die nuus.

Waar is die ander kant berigte. Ons sien dit daagliks op verskeie vrye privaat media platforms.

Wat het geword van vrye en regverdige nuus. Hierdie is propaganda.

Self’s die lesers opinie (gesiggies kies) bevestig die oorgrote siening.

VaalDonkie ·

Nee, dis 60% meer as jy nie ge-ent is nie. Maar dit kan net sowel 60% van 5% wees. Mens moet mooi lees wanneer statistieke rondgegooi word.

VaalDonkie ·

As COVID “5%” aansteekbaar is, dan beteken dit die inenting maak die slegs 2%, vs 5% vir die wat nie gespuit is nie. M.a.w. as jy ‘n 5% kans het om aan te steek, maak die entstof die kans nou 2%. Ek weet nie of dit spesifiek 5% is nie, ek gebruik dit maar net as ‘n voorbeeld.

piet ·

Wereldgemiddeld was 20% positief van die wat getoets is, weet nie wat dit nou is nie.

piet ·

Vir aansteek, in die 90% om nie dood te gaan aan die virus nie. Maar as die 40% jou pla……..

Mercia ·

Die 96% herstelkoers het tot dusver in gebreke gebly om jou te beindruk piet….maar jy wil verontreg wees wanneer mense nie onder ‘n naald inspring sodra ‘n sogenaamde 40% deur die WGO genoem word nie?!
Dieselfde WGO wat elke 2de dag hulle storie verander?

gpsa ·

Eie ervaring, ek het Covid gekry, voor in-enting, en in my lewe nog nooit so siek gewees nie. Van my kennisse is ook oorlede daarvan. My simptome het ook baie maande gevat om weg te gaan.
Almal wat ek ken wat Covid gekry het na inenting, was net ligtelik siek. Ek self weet van niemand met ernstige nagevolge na in-enting nie. In-enting gekry en nie ‘n dag spyt nie.

VaalDonkie ·

My ma het ‘n aneurisme ontwikkel na haar inenting. My een kollega was vir ‘n maand lank so siek dat hy nie kon werk van die huis af nie. Darem niemand oorlede nie, maar ons bluf onsself as ons dink die inenting dra nie self gevare nie.

piet ·

Vaaldonkie – Is hierdie gevalle aangemeld by die owerhede dat dit ondersoek kon word want dis nie bekende simptome hier en in ander lande nie. Indien wel, wat was die amptelike uitslae? As dit nie aangemeld is nie, hoekom nie? In elk geval hoogs onwaarskynlik dat dit alleenlik volgens die toediening van die entstof is, gemeet aan die biljoene inentings wat reeds gedoen is. Siende dat jy so anti-vax is, sou mens dink dat jy met die nodige haas en dringendheid hierdie gevalle sou aanmeld dat dit behoorlik ondersoek kan word. Dan kan jy ons mos almal verkeerd bewys Net so terloops vir wat dit werd is – ek glo jou nie.

Mercia ·

Ek weet persoonlik van mense wat in die hospitaal opgeneem is na inenting en wat niks makeer het voor die inenting nie en ek weet ook van iemand wat oorlede is 3wk na die inenting…..en nee het ook niks makeer voor inenting nie. Ek weet ook van mense wat taamlik siek was met covid sonder inenting en ander wat baie ligte simptome gehad het sonder inenting. Beide van die mense in die laasgenoemde groepe verkies ook om nie die inenting te neem nie.
En dit is die punt. Jy het die reg om te besluit en jy leef met daardie besluit saam. Dit is hoe dit behoort te wees.

gpsa ·

Sover ek weet word niemand geforseer on in-enting te vat nie. Dis ook elkeen se reg om te gaan daarvoor. So het elkeen sy eie opinie gebaseerd op eie ondervinding.

Dirk Mostert ·

In die buiteland word jy nou op allerhande maniere geintimideer om te ent. Betogings daarteen reeds in talle lande. Die intimidasie sal nog hiernatoe oorspoel.

Dirk Mostert ·

In Israel is gevind dat ent-immuniteit met sowat 50% afneem na 4-6 maande. Vandaar die “booster” wat nou op almal afgedwing word. Dit is onseker of die “booster”-verworwe immuniteit ook verswak na ‘n paar maande.

Dirk Mostert ·

Die Europese Kommissie het aanbeveel dat entsertifikate net vir 9 maande na enting geldig bly. Wys nie juis vertroue in die entings nie.

MT ·

Die term”kudde-immuniteit” was in onlangse verlede as wortel aan die skeptici voorgehou om hulle tog te laat inent, want as die oorgrote meerdereheid van die bevolking van ‘n land/streek ingeent is, sou die virus in die vergetelheid verdwyn en sou hospitaal opnames en die lewe na normaal terugkeer. Of so het die media aan ons verkondig op grond van SOMMIGE medici en wetenskaplikes se voorspellings.

(Terloops, ek en kollegas verwys na hierdie ouens as die ‘wigte en teenwigte’ medici, maar dit daar gelaat)

Maande later, en jy sal ver moet gaan soek om die woord kudde-immuniteit iewers nog raak te lees. Laat mens nogal wonder.

As iemand met nodige akademiese en praktiese kennis in hierdie spesifieke veld, gaan ek nie ‘n eksperimentele enstof neem wat nie deur langtermyn toepaslike kliniese data onderskryf word nie. Of ek nou ‘n gratis koffie by ‘n restaurant verbeur of R100 inkopie bewys by ‘n treurige winkel.

My voorspelling vir toekoms: meer varieteite, en meer vrees!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.