Epstein se jarelange vriendin in hegtenis geneem

Jeffrey Epstein en Ghislaine Mawell saam in 2005 (Foto: BBC)

Ghislaine Maxwell, Britse sosiale vlinder van die 1980’s en jarelange vriendin van die Amerikaanse miljardêr en finansierder Jeffrey Epstein, is Donderdag omstreeks 08:30 in hegtenis geneem. Sy is deur baie slagoffers van Epstein daarvan beskuldig dat sy gehelp het om hulle na hom toe te lok.

Epstein is verlede jaar dood. Hy was 66.

Maxwell is die jongste kind van die Britse mediamagnaat Robert Maxwell.

BBC berig Maxwell is in New Hampshire vasgetrek op aanklagte wat verband hou met Epstein se sekshandel-aanklagte. Sy het egter enige betrokkenheid by sy seksmisdrywe, of dat sy van Epstein se beweerde seksuele wangedrag geweet het, ontken.

Sy sou Donderdag in die hof verskyn.

CNN berig dat Maxwell se inhegtenisneming volg op ’n voortslepende federale ondersoek na die medepligtiges van Epstein.

Maxwell het jare lank saam met Epstein gewoon en het gereeld saam met hom gereis.

Epstein is Augustus verlede jaar dood in sy tronksel in ’n gevangenis in Manhattan aangetref nadat hy vermoedelik sy eie lewe geneem het. Hy is ’n maand tevore in hegtenis geneem op aanklagte dat hy talle minderjarige meisies etlike jare lank seksueel mishandel het.

Maroela Media het vroeër berig Epstein, ʼn welgestelde verskansingsfondsbestuurder wat eens vriende met oudpres. Bill Clinton, pres. Donald Trump en prins Andrew was, het glo minderjarige meisies betaal om hom by sy huise in Florida en New York masserings te gee waar hy hulle glo gemolesteer het.

Die aanklagte teen hom hou verband met bewerings wat dateer van die vroeë 2000’s. Epstein se inhegtenisneming het gekom te midde van ʼn hernieude ondersoek na ʼn voorheen geheime pleitooreenkoms wat ʼn strafregtelike ondersoek teen hom beëindig het. Die ooreenkoms, wat nou in ʼn Florida-hof betwis word, het Epstein in staat gestel om in 2007 skuld te beken op ʼn minder ernstige aanklag van prostitusie.

Hy is toe as ʼn seksoortreder geregistreer, maar het ʼn lewenslange vonnis vrygespring. Hy is tot 13 maande agter tralies gevonnis. Die ooreenkoms het ook behels dat hy finansiële skikkings met sy slagoffers aangaan.

Volgens hofrekords het owerhede gesê minstens 40 minderjarige meisies is destyds na Epstein se Palm Beach-herehuis geneem vir seksuele ontmoetings nadat die meisies plaaslik en in ander dele van die wêreld gewerf is. Van die meisies is ook na Epstein se wonings in New York City, Nieu-Mexiko en ʼn private Karibiese eiland geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Melinda ·

Die vrou moet maar versigtig wees. Haar lewe dalk in gevaar. Sy weet dalk van te veel geraamtes in die vergilde kaste. Net jammer Trump word genoem as n Epstein pel. Hy was dalk meer net n kennis. Trump was nooit op die Lolita vlugte na die eiland waar Epstein baie van die Diepstaat onthaal het nie. Eerder die Clinton’s en selfs Bill Gates was op die vliegtuig en is sy dik maatjies. Maar enigiets on Trump by te kom. Baie voorspelbare journalistiek.

Aai ·

More Melinda,gaan kyk op Netflix die moeite werk groot manne se name wordgenoem as kennise van hom maar was nie deel van sy ondergrondse bedrywighede maar Prince ANdrew is op foto vasgevang hy moet maar vir hom kry wat na sy kant kom.

Nell ·

Ja dis so, enigiets om Trump mee by te kom, soos bv die nuutste aanklag teen hom vanuit Teheran wat hom wil vervolg oor die dood van die terroris Qasem Soleimani…wonder net wanneer gaan Obama vir die uithaal van bin Laden aangekeer word?

Mathys ·

Die stomme vrou! Skaars oor die selfmoord van haar 2 dekades lange lewensvennoot en nou leer sy dat hy miskien ontrou aan haar kon wees? Sy moet ‘n senu wrak wees!?

Wat op dees Aarde ·

Gaan kyk op Netflix Jeffrey Epstein: Filthy Rich. Sy was glad nie onskuldig nie. Sy het baie van die meisies vir hom gewerf.

Aai ·

Sy was die rede hoekom alles gebeur het sy was die kingpin agter alles.

Bugsby ·

Jy het geen idee wat hierdie mense aan jong onskuldige kinders gedoen het nie. Sy is net so ‘n vrot appel soos hy. Gaan jyk bietjie die dokumentere program oor wat hy en sy gedoen het op Netflix. Jy sal jou deuntjie gou verander. Daar is niks “arm” aan haar nie. Sy moet gaan sit in die tronk. Jeff is nie hier om haar te red met sy miljarde nie.

Leon ·

Wel, kyk na advokaat Barbie. Die vrou is dalk ook ‘n “advokaat” Barbie.

Wat op dees Aarde ·

Gaan kyk bietjie die dokumentêr op Netflix getiteld: Jeffrey Epstein: Filthy Rich. Daar is ‘n hele paar slagoffers wat hule harte oopmaak oor die gebeure. Trump is alles behalwe onskuldig.

Aai ·

Trump het hom geken onthou ander mense se lewens is duister as hulle agter geslote deure is.Niemand van ons weet wat in ons vriende se huise gebeur as ons nie daar is dink so aan dit.

Nell ·

Soros het geen brieke nie en baaaiiie geld…en dis algemene kennis dat Trump sy nommer een vyand is en met mag en mening uit die weg oftewel aanloop tot die volgende verkiesing geruim moet word. Dus die doel heilig die middele – versprei leuens en breek die man af. Maklik.

Aai ·

Maxwell as jy nie daar was sou niks van die gebeur het jy was die”kingpin” in die sage.(kyk netflix dokumentere program oor wat hulle gedoen het in detail.)

Adri ·

Ek is self gemolesteer as kind. Geen simpatie. Vieslike dinge hierdie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.