Epstein se privaat eilande te koop

Jeffrey Epstein se Little St James-eiland (Foto: Navin75 via Wikimedia Commons)

Die veroordeelde seksoortreder Jeffrey Epstein se privaat Karibiese eilande is te koop en kan tot $125 miljoen (sowat R1,8 miljard) haal.

Prokureurs vir sy boedel het aan die BBC bevestig dat die twee eilande, Little St. James en Great St. James, in die mark is. Die geld uit die verkope sal gebruik word om die voormalige finansier se regsake op te los.

Die opbrengs “sal aangewend word vir agterstallige hofsake en die koste vir die boedelbedrywighede”, het Daniel Weiner, ʼn vennoot by die New Yorkse regsfirma Hughes Hubbard & Reed en eksekuteur van die eiland-eiendomme, aan die BBC gesê.

Epstein het die Little St. James-eiland (36 hektaar) 25 jaar gelede vir sowat $8 miljoen gekoop. Hy het 20 jaar later die Great St. James-eiland (65 hektaar) vir $22,5 miljoen aangeskaf.

Jeffrey Epstein (28 Maart 2017) (Foto: New York-seksoortredersregister via AP, File)

Epstein is in 2019 in ʼn gevangenis dood. Owerhede het bepaal dat hy sy eie lewe geneem het. Hy het tereg gestaan op verskeie aanklagte van seksuele misdrywe.

Die eilande was deel van Epstein se internasionale eiendomsportefeulje insluitend ʼn seweverdieping-huis in New York in East 71st Street, tussen Fifth en Madison Avenue; ʼn 800 m² woonstel in Parys, ʼn landgoed in Palm Beach en ʼn plaas in New Mexico.

Die Wall Street Journal berig die twee eilande kan vir tot soveel as $125 miljoen verkoop word. Ander beramings waardeer die eilande egter nader aan $86 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Santjie van Soendal ·

Kan Solidariteit nie oorweeg om die twee eilande te koop en dan as Afrikanerland te proklameer nie?

Jacobus ·

As ek reg verstaan was dit die kuierplek van oa. Prince Eduard en niemand minder as die altruïstiese en aller heilige Bill Gates (self erken).

JohanR ·

Baie spooke loop daar rond. Miskien kan Prins Andrew gaan kuier of self die eiland koop?

Mariaan ·

Ag sies…so skatryk man…maar toe is dit die einste obsessie met sy en baie ander se drange wat sy ondergang beteken het…shame..dis eintlik pateties! Eintlik n klomp “arm” mans met n moewiese gejeuk!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.