Erge armoede neem wêreldwyd af – VN-verslag

Argieffoto Foto: kamlajetlytrust.com

Argieffoto Foto: kamlajetlytrust.com

Baie erge armoede het wêreldwyd afgeneem sedert wêreldleiers in die jaar 2000 ooreengekom het om erge armoede teen 2015 met die helfte te verminder.

Dit blyk uit die jongste verslag van die VN-sekretaris-generaal, Ban Ki-moon, wat Maandag oor die vordering met millenniumdoelwitte uitgereik is. Die slegte nuus is dat byna al die vordering met die uitwissing van erge armoede in slegs twee lande, China en Indië, gemaak is.

Voorts het die gaping tussen die aantal seuns en meisies wat wêreldwyd laerskole bywoon, gekrimp en die aantal mense wat nie toegang tot verbeterde waterbronne het nie, het afgeneem. Die sterftesyfer aan malaria het egter afgeneem.

Ban Ki-moon het egter toegegee dat, ten spyte van beter meganismes, die haalbaarheid van al die doelwitte ʼn groot uitdaging is. Hy meen dis selfs moontlik dat die posisie van die werklike behoeftiges in sommige lande verder agteruit gegaan het. Baie van die vordering is die gevolg van ‘n skeeftrekking in prestasies tussen verskillende streke.

Baie van die doelwitte wat waarskynlik nie bereik kan word nie, raak vroue en kinders. Beide die sterftes van moeders en babas tydens geboorte is te ver van die teiken af, en so ook die doel om laerskoolonderrig vir almal toeganklik te maak.

Klik hier om die volledige verslag te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Willie ·

Wat Ban Ki-moon egter nie se nie is,dat daar twee keer meer vlugteling in kampe ens in haglike toestande lewe as gedurende die tweede wereld oorlog. Dit alles as gevolg van oorloe aan gevuur deur mags behepte leiers en vals gelowe.Hier praat ons van miljoene

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.