Eskom-sperdatum vir Zimbabwe

Argieffoto: GCIS

Eskom het Maandag gesê hy het Zimbabwe tot die einde van die maand van die maand gegee om sy skuld te betaal of kragvoorsiening aan die land sal afgesny word.

Zimbabwe se staatsbeheerde kragmaatskappy, Zesa, skuld die Suid-Afrikaanse kragvoorsiener R603 miljoen, waarvan R119 miljoen agterstallig is. Zesa het Eskom in Desember 2016 ongeveer R443 miljoen geskuld.

Eskom verskaf nagenoeg 300MW elektrisiteit per dag aan Zimbabwe onder ʼn nie-bindende ooreenkoms.

“Eskom kan bevestig hy het ʼn betaalplan met Zesa ooreengekom en het Zesa tot einde Mei 2017 gebied om aan dié ooreenkoms te voldoen,” het Eskom in reaksie op vrae van die African News Agency (ANA) gesê.

Zesa het vroeër vanjaar ook ʼn betalingsplan met Eskom bevestig, maar het agterstallig geraak weens ʼn gebrek aan buitelandse valutareserwes in Zimbabwe se sukkelende ekonomie.

The Herald, ʼn staatsbeheerde koerant in Zimbabwe, het berig dat Zesa se hoofingenieur, Josh Chifamba, erken het dat die plaaslike kragvoorsiener finansieel sukkel, maar dat “alles onder beheer” is. “Die Reserwebank van Zimbabwe ondersteun ons asook klante wat in die uitvoerbedryf is, veral ferrochroom-uitvoere,” het Chifamba gesê. “Ons is vol vertroue dat die kwessie binnekort opgelos sal wees.”

Zimbabwe gebruik meer as 1 400 MW per dag. Kragonderbrekings sal ‘n groot invloed hê op die land se ekonomie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

marous ·

Dink die Drommedaris , Ryger en Tyger het eers in die Limpopo opgevaar voor hulle aan die Kaap geland het …. wie se skuld kan dit anders wees?

popeye ·

De Goede Hoop se skuld! Is nie genoem nie! Die Tyger is onskuldig.

Johann Marx ·

Nou verstaan ek alweer nie. Fakile Mbalule het net verlede week gesê dat Zim se mense beter opgelei is as enige ander Afrika land s’n….en dat ons kombuise en tuine VOL dokters en ingenieurs is. Net daarna het Nammawan en oom Bob ge-chat en oom Bob het gereken buiten SA is Zim die tweede bes ontwikkelde land in Afrika…terwyl Nammawan kopskuddend saamgestem het…..en dan kry ons ‘n berig soos die. Nou wie lieg dan nou? Is Zim ontwikkeld en awesome…..of ‘n agterlike derde wêreld-land met ‘n hopelose ekonomie en miljoene burgers wat in SA ‘n lewe maak uit crime? Die Afrika darem….

Reti ·

‘Weens ‘n gebrek aan buitelandse valuta’. Rêrig? Wonder hoekom. Dis só wonderlike regering.

Vryheid ·

Ons subsideer krag na ons regering se maaitjies al vir jare teen minder as kosprys. Probeer jy nie jou Eskom rekening betaal nie- hul sny jou af. Eskom te lui om ons meter te lees op die plaas dan 3 maande later wil hulle dit afsny al is die rekening op debiet order.

Johann ·

Maar howk? Oom BOB was dan hier en het gesê Zim is WHOOPEDEEDOODA lekkr lekkerrrr? Nou watse lieg es dit? HESKOM supply darm lekka sonder.paimint? Of het die invoice nog net ni die Guptas bereik nie? AFRIKA SIRKUS!!!!!

Pieter ·

As jy ‘n bedrag skuld, is jy mos klaar agterstallig. Of hoeveel dae (jare) het hulle om te betaal voor dit “agterstallig” raak?

popeye ·

Met apologie aan Johannes Kerkorrel….sit dit af sit dit af….

Marius ·

Noudat SA se ekonomie self bloei, gaan ZIM maar swaarkry… Bob kom nou tweede…

John ·

Die bedrag asseblief Eskom… en moenie jok nie. Wie het vir die kraglyne betaal? So die nuwe kragstasie in Limpopo was eintlik vir uncle Bob. So die Zimmers wat hier werk betaal nie vir krag nie en hul familie wat daar bly betaal ook nie vir ons krag nie… te lekker vir woorde… Die stokou kerel sit ore aan vir die hele Afrika en hy sit lekker op die kop van neef Zuma.

pieter ·

KAN IEMAND VERDUIDELIK HOE KRY DIE ESKOMS EN STAATS DEPARTEMENTE EN BBBBEEE MUNISIPALITEITE DIT REG OM SOVEEL GELD TE MORS EN NOG TE BESTAAN.N BESIGHEID SONDER WINS KAN TOG NIE WERK NIE.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.