Eskom-sperdatum vir Zimbabwe

Argieffoto: GCIS

Eskom het Maandag gesê hy het Zimbabwe tot die einde van die maand van die maand gegee om sy skuld te betaal of kragvoorsiening aan die land sal afgesny word.

Zimbabwe se staatsbeheerde kragmaatskappy, Zesa, skuld die Suid-Afrikaanse kragvoorsiener R603 miljoen, waarvan R119 miljoen agterstallig is. Zesa het Eskom in Desember 2016 ongeveer R443 miljoen geskuld.

Eskom verskaf nagenoeg 300MW elektrisiteit per dag aan Zimbabwe onder ʼn nie-bindende ooreenkoms.

“Eskom kan bevestig hy het ʼn betaalplan met Zesa ooreengekom en het Zesa tot einde Mei 2017 gebied om aan dié ooreenkoms te voldoen,” het Eskom in reaksie op vrae van die African News Agency (ANA) gesê.

Zesa het vroeër vanjaar ook ʼn betalingsplan met Eskom bevestig, maar het agterstallig geraak weens ʼn gebrek aan buitelandse valutareserwes in Zimbabwe se sukkelende ekonomie.

The Herald, ʼn staatsbeheerde koerant in Zimbabwe, het berig dat Zesa se hoofingenieur, Josh Chifamba, erken het dat die plaaslike kragvoorsiener finansieel sukkel, maar dat “alles onder beheer” is. “Die Reserwebank van Zimbabwe ondersteun ons asook klante wat in die uitvoerbedryf is, veral ferrochroom-uitvoere,” het Chifamba gesê. “Ons is vol vertroue dat die kwessie binnekort opgelos sal wees.”

Zimbabwe gebruik meer as 1 400 MW per dag. Kragonderbrekings sal ‘n groot invloed hê op die land se ekonomie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Stellie

Watse Ekonomie?

marous

Dink die Drommedaris , Ryger en Tyger het eers in die Limpopo opgevaar voor hulle aan die Kaap geland het …. wie se skuld kan dit anders wees?

Johann Marx

Nou verstaan ek alweer nie. Fakile Mbalule het net verlede week gesê dat Zim se mense beter opgelei is as enige ander Afrika land s’n….en dat ons kombuise en tuine VOL dokters en ingenieurs is. Net daarna het Nammawan en oom Bob ge-chat en oom Bob het gereken buiten SA is Zim die tweede bes ontwikkelde land in Afrika…terwyl Nammawan kopskuddend saamgestem het…..en dan kry ons ‘n berig soos die. Nou wie lieg dan nou? Is Zim ontwikkeld en awesome…..of ‘n agterlike derde wêreld-land met ‘n hopelose ekonomie en miljoene burgers wat in SA ‘n lewe maak uit crime? Die… Lees meer »

Paul

“Stortkop” sal dit nie afsny nie

Reti

‘Weens ‘n gebrek aan buitelandse valuta’. Rêrig? Wonder hoekom. Dis só wonderlike regering.