EU doen te min om superkieme te beveg, aldus oudit

Argieffoto (Foto: PublicDomainPictures/Pixabay)

Die Europese Unie het baie min vordering getoon in die stryd teen antimikrobiese weerstandigheid, of superkieme, het die Europese Hof van Ouditeure (ECA) Vrydag in ʼn verslag gesê.

Antimikrobiese weerstandigheid vind plaas wanneer mikrobe soos bakterieë, virusse of fungi weerstandig is teen medisyne wat dit probeer beveg.

Ongeveer 33 000 persone sterf jaarliks in die EU weens infeksies wat deur middelweerstandige bakterieë veroorsaak word, aldus die ECA. Dit lei tot ʼn gekombineerde €1,5 miljard in ekstra gesondheidsorgkoste en produktiwiteitsverliese, het die agentskap verduidelik.

“Antimikrobiese weerstandigheid is ʼn ernstige bedreiging vir openbare gesondheid,” het ouditeur Nikolaos Milionis, gesê, outeur van die ECA-verslag. “Die Europese Kommissie, saam met ledestate, moet hul pogings verskerp om dié bedreiging hok te slaan.”

Die ouditeurs voer aan dat die kommissie sy ondersteuning aan ledestate verhoog, moedig veeartse aan om minder antibiotika aan diere te verskaf, en dat monitering- en navorsingstrategieë moet verhoog, aangesien daar geen deurbraak gemaak word om die kwessie aan te roer nie.

Die ECA is daarvoor verantwoordelik om die EU se uitgawes te ondersoek om seker te maak belastingbetalers se geld word behoorlik aangewend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

John ·

… en die EU maak of dit maanskyn en rose is daar en dat die Britte moet ween sou Brexit realiseer. Duisende sterf in ryk eerste-wèreldlande aan superkieme weens oorregulering en nou wil hulle ook nog gm-graansoorte opdis. Hulle vrees ‘n inval deur Rusland maar wis hulself in der duisende uit. Is die migrante cum vlugtelinge slim of is hulle slim om soheen se rubberboot.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.