EU-lidlande keur Brexit-handelsooreenkoms goed

(Argieffoto: Justin Tallis/AFP)

Die Europese Unie (EU) se 27 lidlande het Maandag hul goedkeuring gegee vir die post-Brexit-handelsooreenkoms om op 1 Januarie in werking te tree, het ʼn woordvoerder gesê.

Ambassadeurs van die EU het in Brussel vergader om die laaste goedkeuring vir die ooreenkoms te gee deur gebruik te maak van ʼn prosedure wat Dinsdag om 16:00 (SA tyd) in werking tree.

Volgens die ooreenkoms gaan tariefvrye handel met Brittanje voorlopig voortgesit word nadat dié land die gemeenskaplike mark op Nuwejaarsdag verlaat.

“EU-ambassadeurs het die voorlopinge inwerkingstelling van die EU-VK- handel-en-samewerkingsooreenkoms eenparig goedgekeur,” het Sebastian Fischer, woordvoerder van die Duitse presidensie van die EU, gesê.

Die lidlande se aanvaarding van die voorstel beteken die plan kan betyds in werking gestel word om ʼn ontwrigting van oorgrenshandel te verhoed.

Die Europese parlement moet die ooreenkoms egter nog ratifiseer. Dit sal na verwagting eers laat in Februarie gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.