EU-plan gekortwiek deur Libië

Foto: UNHCR/Facebook

Foto: UNHCR/Facebook

Libië het die Europese Unie (EU) se plan van minder bote is gelykstaande aan minder ellende netjies gekortwiek.

Sowat 1 770 onwettige immigrante onderweg na Europa het in die eerste vyf maande van 2015 hul lewe in die Middellandse See verloor. ʼn Krisisberaad is deur die EU gehou en daar is besluit dat alle onseewaardige skepe en bote wat hierdie immigrante vervoer, vernietig moet word. Die meeste van hierdie nieseewaardige skepe en bote vaar van die kus en hawens van Libië af.

Mensehandelaars oorlaai onseewaardige bote en skepe met mense wat hoop op ʼn beter lewe in Europa. Die situasie het veral begin verskerp nadat Moeammar Gaddafi se mag in Libië in 2011 gebreek is. ʼn Huidige probleem in Libië is dat daar twee magte in beheer van die land is. Die Islam-milisie (oftewel burgerlike verdedigingsmag) en die internasionaal erkende parlement van Libië beheer die land. Die hawens en plekke waar die vlugtelinge aan boord gaan, word meestal deur die Islam-milisie beheer. Die internasionaal erkende parlement moes tydens aanvalle uit die hoofstad Tripoli na Tobruk in Oos-Libië vlug. Hulle het min beheer oor die afsetpunte waar die vlugtelinge aan boord gaan.

Die VN weet dat hy eers toestemming moet ontvang van Libië om die waters van die land te betree. Die Libiese ambassadeur, Ibrahim Dabbaschi, het beklemtoon indien die VN Libiese waters sonder die nodige toestemming betree, sal dit negatiewe gevolge inhou. Libië het duidelik alle EU-planne geboikot. Federica Mogherini van die EU het egter beklemtoon dat die probleem met vlugtelinge nie opgelos gaan word deur bloot te sorg dat minder bote oor die waters van die Middellandse See vaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

jacques ·

Europa gaan een van die dae in Afrika verander met al die imigrante,maar hulle het self daai probleem oor hulle gebring saam met hulle maatjie America en Nato.Nou gaan hulle seker weer probeer die probleem probeer reg maak om die bote te bom.Hulle glo mos alle probleme kan reg gebom word.

Rupert Ashford ·

“…mense wat hoop op ‘n beter lewe in Europa ” Klink nie vir my na vlugtelinge nie maar eerder fortuinsoekers. Help die ware vlugtelinge, maar draai die fortuinsoekers terug en breek die mensesmokkelaars se besigheidsplan, vernietig hulle bote.

chris ·

Nou verduidelik vir my hoe werk dit.
Afrika en ook Suid Afrika wil die kolonialiste(ons)weer terug jaag Europa toe ,want sien alles was mos net maanskyn en rose voor ou Jan in 1652 hier aangekom het om die rus te verstoor.Blykbaar is die mense lief vir onderdrukking en rusverstoring daarom gaan hulle Europa toe om onderdruk te word.Hulle trek dan nou al agter hulle onderdrukkers aan.
Dit is nou masogisme op sy ergste of verstaan ek dit verkeert, zumpie?

Grassie ·

As ek reg onthou was daar rustigheid en vrede in Libië toe Gaddafi nog daar regeer het. Ek begin al hoe meer wonder waarom Amerika daar onrus gestook en Navo ook lugaanvalle daar uitgevoer het.
Dit lyk vir my Amerika het verskuilde agendas agter alles wat hulle doen.

Grassie ·

Mujliva – Ek weet nie. Die Yanks moet in elk geval die olie by Libië koop, wie ook al in beheer is daar. Hulle stook ook ernstige kwaad in Oekraïne, en daar is nie olie nie. Miskien wil hulle vir Putin bykom, maar hy is nie ‘n kommunis nie en die koue oorlog is lankal verby. Hul motiewe bly vir my duister. Ek wens Herman Toerien wil iets daaroor skryf.

jacques ·

Ek dink America probeer saam met Nato die wereld oorvat en hulle reels toepas,want hulle is nou al sterk genoeg om dit te doen.Putin het nou n probleem geraak vir hulle wat anti misile devence systems vir daai lande gee om hulle self te kan verdedig teen misiles van Nato.Hulle sal enige iets doen om vir Putin te kan uit haal.

Tonginniekies ·

Ek wag in spanning vir die kommentator wat weer gaan vertel van die “een sentrale bank” en die “wêreld oorheersing”. Sy nom de plume verander met elke kommentaar plasing so ons kan hom nie by sy naam noem nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.